Deshun Deysel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Deshun Deysel
Gebore 9 April 1970 (1970-04-09) (49 jaar oud)
Uitenhage, Oos-Kaap
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroep Besigheidsvrou
Bekend vir Hoëbergklimmer
Webblad www.peakperformancetoolkit.biz

Deshun Deysel (gebore 9 April 1970) is 'n Suid-Afrikaanse bergklimmer en sakevrou wat deel was van die eerste Suid-Afrikaanse ekspedisie na Berg Everest in 1996.[1] Dit was die eerste keer wat die nuwe Suid-Afrikaanse vlag geplant is op die berg. Sy het die afgelope 15 jaar die meeste van die wêreld se hoogste berge aangedurf in 14 ekspedisies op 5 kontinente.

Bekend as 'n hoë-hoogte-bo-seespieël bergklimmer, het haar loopbaan as 'n onderwyseres begin. Sy het egter haarself die afgelope 20 jaar tot een van Suid-Afrika se voorste motiveringsprekers ontwikkel. Deshun is die stigter en direkteur van Deshun Deysel & Associates, 'n besigheid wat fokus op die bevordering en toerusting van leierskap in 'n konteks van verandering en diversiteit.[2]

Deshun in 'n Laureus Sport Ambassadeur sedert 2010.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Claire Keeton and Paul Ash (29 Mei 2016). "South Africans who made history on Everest". Sunday Times. Besoek op 31 Julie 2016. 
  2. Nazley Omar (13 Junie 2016). "Deshun Deysel on why it pays to persevere". Ndalo Media. Besoek op 31 Julie 2016. 
  3. "Oscar winner Kevin Spacey to host Laureus World Sports Awards". AIPS. 8 Maart 2010. Besoek op 31 Julie 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]