Dicaeus (mitologie)
Voorkoms
In die Griekse mitologie was Dicaeus of Dikaios (Grieks: Δίκαιος) 'n seun van Poseidon[1] en die broer van Syleus.[2] Hulle het naby die Pilion-berg in Thessalië gewoon.[2]
Mitologie
[wysig | wysig bron]Dicaeus was gasheer vir Herakles.[2] Anders as Syleus, wat gedood is deur Herakles, was Dicaeus 'n regverdige man, wat gesuggereer word deur die baie letterlike betekenis van sy naam (Δίκαιος = Regverdig).[2]
Die stad Dicaea in Thracië is na hom vernoem.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Konon, Vyftig Verhale, oorgelewer as een-paragraaf opsommings in die Bibliotheca (Biblioteek) van Photius, Patriarg van Konstantinopel, uit die Grieks in Engels vertaal deur Brady Kiesling. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Topos Text Project.
- Stefanus van Bisantium, Stephani Byzantii Ethnicorum quae supersunt, geredigeer deur August Meineike (1790-1870), gepubliseer in 1849. 'n Paar inskrywings uit hierdie belangrike antieke handboek van plekname is vertaal deur Brady Kiesling. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Topos Text Project.