Die Dag van Ivan Denisowitsj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Dag van Ivan Denisowitsj
One day in the life of I D.JPG
Oorspronklike titel Один день Ивана Денисовича
Outeur Alexander Solzhenitsyn
Vertaler Ralph Parker (1963); Ron Hingley and Max Hayward (1963); Gillon Aitken (1970); H.T. Willetts (1991)
Land Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Taal Russies
Uitgewer Signet Classic
Uitgegee 1962
ISBN 0-451-52310-5
Letterkunde-portaal

Die Dag van Ivan Denisowitsj (Russies: Оди́н день Ива́на Дени́совича, Odin den' Ivana Denisovicha, [ɐˈdʲin ˈdʲenʲ ɪˈvanə dʲɪˈnʲisəvʲɪtɕə]; in Engels vertaal as One Day in the Life of Ivan Denisovich) is 'n roman geskryf deur Alexander Solzhenitsyn. Dit is in November 1962 vir die eerste keer gepubliseer in die Sowjet-letterkundetydskrif Nowi Mir (Nuwe Wêreld). Dit speel af in 'n Sowjet-arbeidskamp in die 1950's en beskryf 'n enkele dag in die lewe van 'n gewone gevangene, Iwan Denisowitsj Sjoechof.

Solzhenitsyn (Denisowitsj in die verhaal) het eerstehandse ondervinding in die arbeidskampe, die Goelag, opgedoen nadat hy van 1945 tot 1953 'n gevangene was oor die skryf van 'n neerhalende opmerking in 'n brief aan 'n mede-offisier oor die verloop van die oorlog deur Josef Stalin.