Die groot gedagte
Die groot gedagte
Abstrakte weefsel van die kosmos | |
---|---|
Skrywer | Gideon Joubert |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Onderwerp | Astronomie, kosmologie, kosmogonie, intelligente ontwerp |
Genre | Nie-fiksie |
Uitgewer | Tafelberg |
Uitgegee | 25 Oktober 1997 |
Medium | Sagteband |
Bladsye | 333 |
Grootte en gewig | Lengte: 222 mm Breedte: 150 mm Dikte: 18 mm Gewig: 540 g |
ISBN | 9780624035435 |
Die groot gedagte: abstrakte weefsel van die kosmos is 'n 1997 nie-fiksie boek deur Gideon Joubert wat handel oor die ontstaan van die heelal en die rol wat God daarin gespeel het. Joubert was nie 'n wetenskaplike nie, en die boek is gevolglik op leke gemik, maar hy het met sy joernalistieke agtergrond hoofsaaklik op wetenskaplike feite staat gemaak om sy argument te ondersteun dat daar 'n God is wat die heelal tot ontstaan gebring het en ewolusie aan die gang gesit het. Hiervoor het die boek in 1998 die Insig-prys vir nie-fiksie verower.[1] Van die inhoud en argumente is vanselfsprekend omstrede omdat dit op godsdienstige veronderstellings berus, maar Joubert se bydrae met Die groot gedagte is positief in Afrikaner-Christelike kringe ontvang. Die boek is in 1998 met die Andrew Murray-prys vir geestelike literatuur bekroon.[1]
Die groot gedagte het teen Oktober 2010 meer as 32 000 eksemplare verkoop.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 LitNet: LeesKringe (Webblad). URL besoek op 2010-10-28.
- ↑ "Gideon Joubert op 86 oorlede" (Webblad). Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2011. Besoek op 30 Oktober 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- ISBN 9780624035435, ISBN 0624035433
- Google Books-inskrywing (en)
- LitNet: LeesKringe-inskrywing Geargiveer 7 September 2013 op Wayback Machine (af)