Domar
Voorkoms
Domar | |
---|---|
Legendariese koning van Swede | |
Voorganger | Domalde |
Opvolger | Dyggvi |
Koningshuis | Huis van Yngling |
Vader | Domalde |
Kinders | Dyggvi |
Oorlede | Uppsala |
Domar (Oudnoors: Dómarr, "Regter")[1] was in die Noorse mitologie 'n legendariese koning van Swede se Huis van Yngling. Hy was die seun van Domalde, wat hy as koning opgevolg het. Hy was getroud met Drott.
Sy bewind was lank en ná die offering van Domalde was daar vrede en goeie oeste. Toe hy by Gamla Uppsala dood is, is sy lyk aan die oewers van die Fyrisrvier verbrand. 'n Klip is op sy as opgerig. Hy is opgevolg deur sy seun Dyggvi.
Domar se verhaal word vertel in die Ynglinga saga, Ynglingatal, Historia Norwegiæ en Íslendingabók.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ McKinnell, John (2005). Meeting the Other in Norse Myth and Legend. D.S. Brewer. ISBN 1-84384-042-1
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Voorganger ← Domalde |
Legendariese Sweedse konings | Opvolger Dyggvi → |