Dornier 328
Dornier 328 | |
---|---|
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Dornier, Fairchild-Dornier Sierra Nevada Corporation |
Nooiensvlug | 6 Desember 1991 |
Bekendstelling | Oktober 1993 |
Status | Aktief, word nie meer vervaardig nie. |
Hoofgebruiker | Sun-Air of Scandinavia |
Vervaardig | 1991–2000 |
Aantal gebou | 217 |
Eenheidskoste | $9.75 million (1996)[1] |
Die Dornier 328 is 'n tweemotorige turboskroef-aangedrewer passasiersvliegtuig. Dit is oorspronklik vervaardig deur Dornier Luftfahrt GmbH, die maatskappy is in 1996 oorgeneem deur Fairchild Aircraft en het onder die naam Fairchild-Dornier handel gedryf. Hulle het die 328-familie vliegtuie in Oberpfaffenhofen, Duitsland vervaardig terwyl die verkope vanaf San Antonio, Texas in Amerika gedoen word. 'n Straalaangedrewe weergawe, die Fairchild Dornier 328JET is uit die 328 ontwikkel.
Die ontwerpe vir die Dornier 328 is deur Sierra Nevada, 'n Amerikaanse maatskappy gekoop. Die maatskappy verskaf onderhouddienste en onderdele vir die huidige vloot Dornier 328 wat nog wêreldwyd operasioneel is. In Augustus 2019 word dit afgekondig dat Sierra Nevada, deur 'n venootskap met die Sakse regeering in Duitsland, die vervaardiging van 'n opgegradeerde weergawe van die vliegtuig gaan begin. Daar word beplan dat die vliegtuie in die stad Leipzig vervaardig sal word[2].
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Andrzej Jeziorski (18 September 1996). "Faster future". Flightglobal.
- ↑ https://www.flightglobal.com/programmes/sierra-nevada-to-restart-dornier-328-production-in-germany/133930.article
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dornier 328.