Cathay Dragon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Dragonair)
Jump to navigation Jump to search
Cathay Dragon
港龍航空
IATA
KA
ICAO
HDA
Roepsein
DRAGON
Gestig 24 Mei 1985
Eerste vlug Julie 1985
Hoofspil Hong Kong Internasionale Lughawe
Lojaliteitsprogram
  • Asia Miles
  • The Marco Polo Club
Lughawesitkamer
  • G16 Lounge
  • The Wing
  • The Pier
  • The Cabin
  • The Bridge
  • The Arrival
Alliansie Oneworld
Vlootgrootte 47
Bestemmings 48
Houermaatskappy Cathay Pacific (100%)
Hoofkantoor Hong Kong Internasionale Lughawe
Chek Lap Kok, Hongkong
Sleutelpersone
  • Chao Kuang Piu (Ere-voorsitter)
  • Ivan Chu (Voorsitter)
  • Algernon Yau (HUB)
Webtuiste dragonair.com

Hong Kong Dragon Airlines Limited (Chinees: 港龙 航空 有限公司), handeldrywend as Cathay Dragon, is 'n internasionale lugredery met sy hoofkwartier in Cathay Dragon House op die Hong Kong Internasionale Lughawe, Hongkong.[1][2] Op 30 Junie 2018 het die lugredery 'n geskeduleerde passasiersnetwerk na 48 bestemmings in 13 lande en gebiede in Asië bedryf. Daarbenewens het die lugredery 3 kodedeelooreenkomste op roetes wat bedien word deur vennootrederye. Dit beskik oor 'n vloot van 47 uitsluitlik-Airbusvliegtuie, bestaande uit A320s, A321s en A330s.

Cathay Dragon is 'n volfiliaal van Hongkong se vlagdraer, Cathay Pacific, en is 'n geaffilieerde lid van die Oneworld lugrederyalliansie. Die lugredery is op 24 Mei 1985 deur Chao Kuang Piu gestig, die lugredery se huidige ere-voorsitter. Sy eerste vlug vertrek uit Hongkong na Kota Kinabalu, Maleisië na die toekenning van 'n lugoperateursertifikaat deur die Hongkongregering in Julie 1985. In 2010 het Dragonair, tesame met Cathay Pacific, meer as 138 000 vlugte onderneem, byna 27 miljoen passasiers en meer as 1,8 miljoen ton se vrag en pos vervoer.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Hong Kong." Dragonair. "Head Office: Dragonair House, 11 Tung Fai Road, Hong Kong International Airport, Lantau, Hong Kong." URL besoek op 8 September 2010.
  2. "香港." Dragonair. "總辦事處: 香港大嶼山香港國際機場東輝路11號 港龍大厦."URL besoek op 12 Februarie 2011
  3. "Cathay Pacific releases combined traffic figures for December 2009". Cathaypacific.com. 21 April 2006. Besoek op 30 Desember 2012.  (en)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.