Airbus A320

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Airbus A320

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Lufthansa Airbus A320-211 D-AIQT 01.jpg
Lufthansa A320-211
Tipe Smalromp passasierstraler
Vervaardiger Airbus
Ontwerp deur Airbus
Nooiensvlug 22 Februarie 1987
Bekendstelling 28 Maart 1988 met Air France
Status In gebruik
Hoofgebruikers US Airways
EasyJet
China Southern Airlines
China Eastern Airlines
Aantal gebou 6 243 tot September 2014
Eenheidskoste Teen 2014 pryse:[1]
A318: VS$ 71.9 (€53) miljoen
A319: VS$ 85.8 (€64) miljoen
A320: VS$ 93.9 (€70) miljoen
A321: VS$ 110.1 (€82) miljoen.

Die Airbus A320 familie bestaan uit kort- tot medium-reeks smalromp, kommersiële passasierstralervliegtuie vervaardig deur Airbus. Die familie sluit die A318, A319, A320 en A321 in, asook die ACP besigheidstraler. Die A320s word ook genoem A320ceo (met die huidige enjinopsie) na die bekendstelling van die A320neo.[2] Finale montering van die vliegtuigfamilie word in Toulouse, Frankryk en Hamburg, Duitsland, gedoen. Aan die begin van 2009 het 'n aanleg in Tianjin, Sjina ook begin met die vervaardiging van Airbusvliegtuie vir die Sjinese mark.[3] In April 2013 het Airbus 'n nuwe produksiefasiliteit vir die A319, A320, A321 en variasies begin bou in Mobile, Alabama.[4] Die vliegtuigfamilie kan tot 220 passasiers akkommodeer en het 'n reikafstand van 3 100 tot 12 000 km (1 700 tot 6 500 seemyl), afhangende van die model.

Die eerste lid van die A320 familie – die A320 – is in Maart 1984 van stapel gestuur en sy nooiensvlug was op 22 Februarie 1987. Die famile het gou uitgebrei om die A321 (eerste aflewering in 1994), die A319 (1996), en die A318 (2003) in te sluit. Die A320 familie word 'n baanbreker in die gebruik van digitale "fly-by-wire" vlugbeheerstelsels, sowel as systokkontroles, in kommersiële vliegtuie. Sedert sy bekendstelling is daar voortdurende verbeteringsprosesse in plek.

Tydlyn Airbus A3xx-serie[wysig | wysig bron]

1970 1980 1990 2000 2010
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
A300
A310
A318
A319
A320 Neo
  = In produksie A321
  = Uit produksie A330
  = Toekoms A340
  = Toekomstige modelle A350 XWB
A380


Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Airbus aircraft 2014 average list prices" (PDF). Airbus S.A.S. Verkry op 1 Februarie 2014. 
  2. "Airbus A320 (A320ceo and A320neo) Aircraft family". Airbus.com. 3 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2013. Verkry op 21 April 2013. 
  3. Airbus. "Aircraft Families". Verkry op 1 Maart 2011. 
  4. Construction Review. "Airbus Begins Work on $600 million Assembly Line in Alabama". Verkry op 12 April 2013. [dooie skakel]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.