eNuus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search


eNuus is 'n Afrikaanse nuusbulletin wat in samewerking met E.tv se eNews opgestel en elke aand om 19:00 op kykNET uitgesaai word. Hulle eerste uitsending is op 18 Julie 2010 gebeeldsend. Hulle roem hulself daarop dat hulle die eerste onafhanklike nuusbulletin in Afrikaans is. Die bulletin dek Suid-Afrikaanse en internasionale nuusgebeure, die nuutste sportuitslae en word met 'n weervoorspelling afgesluit.

Andries Cornelissen is aangestel as nuusredakteur en Freek Robinson is die hoof nuusleser. Die res van die eNuus-span bestaan uit LiMari Louw, Genee Heyl en Anina Peens. Sportnuus word deur Jean-Paul Keyter en Francois Nolte hanteer.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]