Eendag op ’n reëndag
Eendag op ’n Reëndag | |
---|---|
Regisseur | Jans Rautenbach |
Draaiboek | Jans Rautenbach |
Met | Katinka Heyns Regardt van den Bergh |
Kinematografie | Koos Roets |
Uitgereik | 1975 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Eendag op ’n Reëndag is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1975 vrygestel is. Jans Rautenbach was die skrywer en regisseur. Die hoofkarakters is Katinka Heyns en Regardt van den Bergh.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n romantiese drama. Dit het geen ouderdomsperk nie.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Katinka Heyns as Susie Botha.
- Regardt van den Bergh as Paul Rossouw.
- Jana Cilliers
- Marga van Rooy
- André Walters
En andere.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Susie Botha is smoorverlief op die aantreklike maar stil Paul Rossouw. Op die aand van ’n spesiale afspraak, verdwyn Paul. Susie is verpletter. Sy weet nie dat Paul haar misdadige broer, Gert, ’n klein fortuin skuld nie - wat teen middernag betaal moet word. In ’n desperate poging om geld bymekaar te kry, neem hy deel aan ’n korrupte dobbelspel.
Gert daag by die goor dobbelnus op, ontbloot die eienaar daarvan as ’n skurk en verwurg hom. Die polisie daag op, en Sussie is oortuig daarvan dat Paul vir altyd uit haar lewe is. Op ’n vaal dag, wanneer Susie roomys van haar roomyswa verkoop, sien sy Paul na haar aanloop. Haar prins het haar toe tog kom red.