Katinka Heyns
Katinka Heyns | |
Geboorte | 20 September 1947 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Katinka Heyns (20 September 1947 -) is 'n belangrike rolprentvervaardiger, regisseur en ook aktrise. Sy stig haar eie maatskappy, Sonneblom Films in 1974. In 1978 tree sy in die huwelik met die skrywer Chris Barnard. Hy is in Desember 2015 oorlede.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Sy begin haar loopbaan as aktrise in Jans Rautenbach se rolprent Katrina (1969). Sy vertolk ook ander rolle in verskeie van Rautenbach se films, waaronder Jannie totsiens (1970), Pappa Lap (1971) en Eendag op 'n Reëndag (1975). Sy het baie aandag ontvang vir haar rol in Manie van Rensburg se televisiekomediereeks Willem.
As gevolg van die destydse apartheidsbeleid in Suid-Afrika, was daar ernstige sensuurwette, maar Heyns kon dit regkry om steeds dokumentêre films oor verskillende literêre individue te maak. Sy het die produksiemaatskappy Sonneblom Films in 1974 gestig. Deur hierdie onderneming kon sy unieke films skep. Al die draaiboeke vir haar rolprente is deur haar man Chris Barnard geskryf . Haar films sluit in: Fiela se Kind (1987), Die Storie van Klara Viljee (1991), Paljas (1997) en Die Wonderwerker (2012).
Filmstyl
[wysig | wysig bron]Heyns is sterk beïnvloed deur die filmmaker Jans Rautenbach. In 'n bedryf wat oorheers word deur manlike filmmakers, skep Heyns deurgaans films wat fokus op vroulike bemagtiging en spesifiek vroulike ervarings. Keyan G. Tomaselli, 'n professor aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, merk op hoe Heyns se films kommentaar lewer op die politieke klimaat in Suid-Afrika deur 'n feministiese lens aan te wend. Haar films poog om politieke en kulturele ervarings van spesifiek mense en omstandighede in Suid-Afrika uit te beeld, terwyl ander regisseurs van haar tyd gefokus het op die reproduseer van Amerikaanse stylfilms. Haar films roep temas op in verhoudings, liefde en stryd, terwyl hulle terselfdertyd twyfel stel oor geslagsvoorstellings in die Suid-Afrikaanse kultuur. Deur haar films probeer Heyns minder bekende kwessies en idees in die globale gesprek bring, soos geestesongesteldheid en vroulike bemagtiging, in die konteks van die Suid -Afrikaanse kultuur. [1]
Aktrise
[wysig | wysig bron]Katinka het in die volgende rolprente gespeel:
- Eendag op 'n Reëndag (1975)
- Die Sersant en die Tiger Moth (1974)
- Pappalap (1971)
- Jannie totsiens (1970)
- Katrina (1969)
Vervaardiger
[wysig | wysig bron]Katinka het die volgende rolprente vervaardig:
- The Angel, the Bicycle and the Chinaman's Finger (1991)
Regisseur
[wysig | wysig bron]Katinka was die regisseur van die volgende rolprente:
- Fiela se kind[2] (1988)
- Die Storie van Klara Viljee[2] (1992)
- Paljas*[3] (1998)
- Die wonderwerker (2012)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Botha, Martin P. "South African Cinema". Kinema. Spring 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2016.
- ↑ 2,0 2,1 "Fiela se Kind (1988) rolprent" (in Engels). IMDB.com. 12 Februarie 1988. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2019. Besoek op 24 Maart 2010.
- ↑ "Paljas (1998) rolprent" (in Engels). IMDB.com. 23 Januarie 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 23 Maart 2010.