Europabrücke (Koblenz)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Europabrücke of Europabrug in Koblenz is 'n brug oor die Moesel wat deel vorm van die B 9 roete in Duitsland. Dit verbind die middestad van Koblenz met die Lützelbuurt. Die brug se eerste konstruksie dateer uit 1934. Nadat dit in die Tweede Wêreldoorlog vernietig is en weer herbou is, is dit in 1974 met die aanbou van 'n tweede brug van vier na agt bane verbreed.

Die Europabrücke in Koblenz