Evangelies-Lutherse Kerk in Noord-Duitsland
Voorkoms
Die Evanglies-Lutherse Kerk in Noord-Duitsland (Duits: Evangelisch-Lutherische Kirche in Norddeutschland of kort Nordkirche) is 'n streekkerk (Landeskirche) van die Evangeliese Kerk in Duitsland. Dit is op Pinkstersondag, 27 Mei 2012, gestig toe die Noord-Elbiese Evangelies-Lutherse Kerk (NEK), die Evangelies-Lutherse Landskerk van Mecklenburg (ELLM) en die Pommerse Evangeliese Kerk (PEK) saamgesmelt het. Die nuwe streekkerk strek oor die Noord-Duitse deelstate Sleeswyk-Holstein, Hamburg en Mecklenburg-Voorpommere.