Fatima Ali

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Fatima Ali
Mens
GeslagVroulikWysig
Land van burgerskapPakistan, Verenigde State van AmerikaWysig
Gegewe naamFatimaWysig
VanAliWysig
Geboortedatum8 Augustus 1989Wysig
GeboorteplekLahoreWysig
Sterfdatum25 Januarie 2019Wysig
SterfplekSan MarinoWysig
DoodsoorsaakEwing's sarcomaWysig
VaderAshtar Ausaf AliWysig
TaalbeheersingAmerikaanse Engels, OerdoeWysig
BeroepsjefWysig
Alma materCulinary Institute of AmericaWysig

Fatima Ali (8 Augustus 1989 - 25 Januarie 2019) was 'n Pakistanse-Amerikaanse sjef en media persoonlikheid.

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Ali is gebore en opgevoed in Pakistan, hoofsaaklik in Karachi en Lahore.[1][2] Sy was die dogter van Ashtar Ausaf Ali.[3] Sy het van haar pa, ouma, en familie se kok, Qadir, geleer hoe om te kook.[2][4] Sy het Amerika toe geëmigreer toe sy 18 jaar oud was, sodat sy die Culinary Institute of America kon by woon. Sy het in 2011 gegradueer.[1][2][5]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Ali het haar kulinêre loopbaan begin as 'n junior sous-sjef by Café Centro in New York Stad.[1][5] In 2012 het sy 'n episode van Chopped op die Food Network gewen.[2] Sy het haar loopbaan in New York Stad voortgesit en het die jongste uitvoerende sous-sjef geword by Stella 34 Trattoria op Macy's Herald Square, en toe die uitvoerende sous-sjef by La Fonda del Sol.[5]

In 2017 was Ali 'n deelnemer op Top Chef: Colorado.[5] Alhoewel sy sewende geplaas is, is sy gekies as die gunsteling van die ondersteuners.[5]

Siekte en dood[wysig | wysig bron]

Nadat sy op die skou deelgeneem het, is Ali met Ewing se sarkoom gediagnoseer. Sy het in Januarie 2018 'n operasie by Memorial Sloan Kettering Cancer Centre ondergaan.[5] Nadat sy chemoterapie ondergaan het, is sy kankervry verklaar en in April 2018 het sy in die openbaar by die Pebble Beach Food and Wine Festival gekook.[6]

In Oktober 2018 het Ali se kanker teruggekeer, en sy het berig dat dit terminaal is.[7] Sy is op 25 Januarie 2019 by haar familie se huis in San Marino, Kalifornië oorlede, op die ouderdom van 29.[1][8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]