Ficksburgtornado

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Ficksburgtornado het op 2 Oktober 2011 voorgekom in die westelike dele van die informele nedersetting, Meqheleng, by die gelyknamige dorp. Die storm het omstreeks 14:00 losgebars.

In hierdie ramp het een negejarige seun, Jama Mokhekhe, weens trauma aan die ingewande en veelvoudige wonde veroorsaak deur vlieënde brokstukke omgekom,[1] terwyl tientalle beseer (waarvan 2 ernstig) en honderde dakloos gelaat is. Een-honderd-twee-en-twintig HOP-huise is vernietig.[2] Die ambulansdiens het 42 beseerdes na die Phutuloha-hospitaal vervoer en vir snyplekke, kneuswonde en bloeding behandel.

Daar heers verskille of hierdie tornado as 'n fratsverskynsel geïdentifiseer kan word of nie. Hoewel tornado's in Suid-Afrika wel in die lente en somer voorkom, vind dit eintlik eers werklik vanaf November plaas.[3] [4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]