Františkovy Lázně

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Františkovy Lázně
Franzensbad
Fr lázně kolonáda.jpg

Kaart Wapen
Frantiskovy Lazne CH CZ.png
Frnatiškovy Lázně CoA.png
Vlag
Flag of Frantiskovy Lazne.svg
 Land Flag of the Czech Republic.svg Tsjeggië
 Historiese streek Flag of Bohemia.svg Boheme
 Kraj (gewes) Flag of Karlovy Vary Region.svg Karlovarský kraj
 Okres (distrik) Cheb
 Koördinate 50°7′13″N 12°21′6″O / 50.12028°N 12.35167°O / 50.12028; 12.35167
 Stigting 1793
 Stadstatus 1865
 Oppervlakte:  
 - Totaal 25,74 vk km
 Hoogte bo seevlak 442 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 5 497
 - Bevolkingsdigtheid 213,6/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe -
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -
 - Gem. temp. Januarie/Julie -
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae -
 Burgemeester (starosta) Jan Kuchař (PRO)
 Amptelike Webwerf www.mufrlazne.cz/

Františkovy Lázně (Duits: Franzensbad) is 'n stad en hersteloord in die sogenaamde Wes-Boheemse Driehoek van Mineraal- en Warmbaddens in Tsjeggië, sowat vyf kilometer noord van Cheb (Duits: Eger) in die administratiewe distrik Okres Cheb, met 'n bevolking van meer as 5 500. Saam met twee ander hersteloorde en badplase, Karlovy Vary (Karlsbad) en Mariënbad, vorm Františkovy Lázně die hartland van die sogenaamde Wes-Boheemse Driehoek van Mineraal- en Warmbaddens

Die eerste verwysing na Františkovy Lázně se mineraalbronne dateer van 1502. Byna driehonderd jaar later, in 1793, is die nedersetting in die destyds Duitssprekende noordweste van Boheme gestig as Kaiser Franzensdorf. Nog in dieselfde jaar het die Loiman-badhuis ontstaan. Die nedersetting is in 1807 hernoem tot Franzensbad en het in 1865 stadstatus verwerf. Vanweë sy ryk argitektoniese erfenis - met boustyle wat van historisme tot klassisisme strek - en sy harmoniese historiese stadsbeeld, waarin die kleure geel en wit oorheers, is Františkovy Lázně in 1992 tot historiese monument verklaar.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]