Gebruiker:Anrie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tuis   Bydraes   Taaklys   Nuttig   Kontak

Welkom op my gebruikersblad

Anrie portrait.jpg


af Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans.


en-4 This user speaks English at a near-native level.
nl-3 Deze gebruiker spreekt uitstekend Nederlands.
de-2 Dieser Benutzer hat fortgeschrittene Deutschkenntnisse.
it-1 Questo utente può contribuire con un italiano di livello semplice.


Nuvola apps bookcase.svg Hierdie gebruiker is 'n boekwurm.
Ichthus.svg Hierdie gebruiker is 'n Christen.
Modern piano.svg Hierdie gebruiker speel klavier.
Fairy.jpg Hierdie gebruiker is 'n wikifeetjie.
Firefox Hierdie gebruiker dra by met Mozilla Firefox.
Flag of the Netherlands.svg Hierdie gebruiker woon in die land van kaas en klompe.
ISO 639 Icon en.svg

ISO 639 Icon af.svg
Hierdie gebruiker vertaal artikels van Engels na Afrikaans.

Ek is 'n Wikipedia-bydraer wat in Nederland woonagtig is. Ek skryf artikels, proeflees ander bydraers s'n en hou die administratiewe wiele aan die rol. Om my in my administratiewe take by te staan is ek as 'n burokraat aangestel.

Soos dit 'n taaldosent betaam, verbeel ek my soms dat ek iets weet oor taalkunde, maar gelukkig besit ek oor die nodige bronmateriaal om enige bewerings te kan staaf. Tydens my verblyf in Nederland het ek ook 'n nie-al-te-klein Afrikaanse bronversameling opgebou, van ou fiksie en nie-fiksie tot die nuutste naslaanwerke. Nou kort ek nog net tyd om alles hier en by Wikisource by te werk.

Ek skryf oor byna almal en alles, solank dit maar ensiklopedies is - ek het min geduld vir nietige onderwerpe wat hulself probeer bevorder deur inskrywings hier te skep. Ek probeer dus eerder om op kernartikels soos Tweede Wêreldoorlog en William Shakespeare te konsentreer: ek glo dat hierdie onderwerpe die fondament van 'n goeie ensiklopedie vorm. Verder geniet ek dit om artikels te skep oor die vreemde dog wonderlike dinge wat op ons planeet voorkom, soos seelikkewane en die Welwitschia mirabilis. Ook (Suid-)Afrikaanse onderwerpe lê my na aan die hart en ek hoop om in die toekoms (2011), wanneer ek meer tyd sal hê meer hieroor by te dra.

Opstelle

  1. Die nadeel van 'n "Billike gebruik"-beleid
  2. 'n Kontrolelys van veranderlikes wat die effektiwiteit van artikels bepaal