Gebruiker:Jcwf/Sandkas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Śailendra[wysig | wysig bron]

Sailendra (Mahayana Boeddhisme met Tantriese invloede) regeer Java 'n eeu lank tot 830 en die Sanjaya is hulle vasalle. Die Borobudur is die bekendste stupa wat dit wys.

Omtrent 830 word die invloed van Sanjaya-dinastie sterker. Volgens (later) inskripsies (van 905 en 907) is 'n prins van die Sajayas Rakai Pikatan met 'n Sailendra prinses Pramodhawarddhani getroud. Sy was volgens die Kalasan-inskripsie van 778 die dogter van die Sailendra koning Samaratungga en kleindogter van koning Indra.[1]

Paramesvara van Palembang was glo 'n Sailendra en stig die dorp Melaka in 1402[2]

Die naam Śailendra word op Java genoem in die inskripsies:

  • Kalasan 778
  • Kelurak 782
  • Abhayagiriwihara 792/3
  • Kayumwungan 824

Daar is ook inskripsies op die Maleise skiereiland en in Indië wat dit noem.

Die chronologie is omstrede, omdat sommige geleerde dink dat die Sanjaya en die Śailendra net ander name vir dieselfde konings was. Volgens De Casparis kan die typderk tussen 732 en 882 ongeveer as volg saamgevat word:

Sanjaya Śailendra
Ratu Sanjaya c.732-760 Visnu Dharmatungga 775-782
Rakai Penangkaran 760-780
Rakai Panunggalan 780-800 Indra Sanggramadhananjaya 782-812
Rakai Warak 800-819
Rakai Garung 819-838 Samaratungga 812-832
Rakai Pikatan 838/842-856
Rakai Kayuwangi 851-882

}

[3]

[4]

723

  • Sanjaya Harisdarma, die 2de koning van Sunda, onderwerp Sentraal-Java en stig die Sanjava-dinasie van die Hindoeïstiese koninkryk Mataram.

In die 780s brei die Ŝailendra-hof sy invloed ook buite Sentraal-Java uit. In 782 word 'n bodhisatva-beeld uit Bengale aan die Borobudur geskenk en tien jaar later besoek 'n hoëpriester uit Sri Lanka Java om 'n tempel in te wy.

Koning Samaratungga (Ŝailendra) trou met prinses Tara van Sriwijaya, wat 'n uiters welvarende ryk was. Die bou van die Borobudur getuig van die rykdom van koning en koningin.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Archaeology: Indonesian Perspective : R.P. Soejono's Festschrift Contributors Soejono (R. P.), Lembaga Ilmu Pengetahuan Indonesia, International Center for Prehistoric and Austronesian Studies (Indonesia) Publisher Yayasan Obor Indonesia, 2006 ISBN 9792624996, 9789792624991
  2. Power and Plenty: Trade, War, and the World Economy in the Second Millennium Volume 22 of Princeton economic history of the Western world Authors Ronald Findlay, Kevin H. O'Rourke, Kevin O'Rourke, Ronald O'Rourke, Ragnar Nurkse Professor of Economics Ronald Findlay Editor Ronald Mokyr Edition illustrated, reprint Publisher Princeton University Press, 2007 ISBN 069111854X, 9780691118543
  3. Candi, Space and Landscape: A Study on the Distribution, Orientation and Spatial Organization of Central Javanese Temple Remains Véronique Degroot Edition illustrated Publisher Sidestone Press, 2009 ISBN 9088900396, 9789088900396
  4. Java Essay: The History and Culture of a Southern Country Sjabloon:OuteurMasatoshi Iguchi Troubador Publishing Ltd, 2017, ISBN 1784628859, ISBN 9781784628857