George Coetzee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
23 BMW International Open bei Muenchen George Coetzee.JPG
Volle naam George William Coetzee
Geboortedatum/plek 18 Julie 1986 (1986-07-18) (33 jaar oud)
Pretoria, Suid-Afrika
Sterfdatum/plek
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Woning Pretoria, Suid-Afrika
Hoogte 1.78 m
Massa 95 kg
Pro. geword 2007
Huidige toer(e) Sonskyntoer
Kanadese Toer
Europese Toer
Pro-oorwinnings 9
Europese Toer 3
Asiese Toer 1
Sonskyn Toer 8
Ander 1
Beste uitslag in groot kampioenskappe
Meesterstoernooi CUT: 2013
V.S. Ope T56: 2013
Die Ope kampioenskap 15th: 2011
PGA Kampioenskap T7: 2015
Toekennings
Sonskyntoer
Meriete-ordewenner
2015

George William Coetzee (Pretoria, 18 Julie 1986) is 'n Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.

George Coetze het 'n trimester aan die Universiteit van San Diego gestudeer. Hy het tweemaal meegeding aan die Jeugwêreldkampioenskap in San Diego, en eindig in die 4de en 9de plek.

Professioneel[wysig | wysig bron]

Coetzee word in 2007 professioneel en begin aan die Sonskyntoer deel te neem. In 2009 speel hy ook in nege toernooie in Kanada en in 2010 speel hy op die Europese PGA Toer.