Gerhard Odendaal
Voorkoms
Gerhard Odendaal | |
Alias | Vaatjie |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Gerhard Odendaal is 'n Suid-Afrikaanse akteur, komediant en sanger. Hy is veral bekend vir sy rol as Vaatjie Visagie in kykNET se sepie, Molly en Wors. Odendal het in 2010 saam met die sanggroep Rolmodelle opgetree.
Odendaal het drama onder leiding van Milla Louw studeer en sodoende sy lisensiaat verkry. Tydens sy opleiding het Willie Esterhuizen sy talent raakgesien en hom 'n geleentheid in sy produksies aangebied.
Filmogradie
[wysig | wysig bron]Rolprente:
- Molly en Wors die Movie, 2013 as Vaatjie Visagie
- Die Laaste Tango, 2013
- Stoute Boudjies, 2010
- Vaatjie sien sy gat, 2008 as Vaatjie Visagie
- Poena is Koning, 2007 as Vaatjie Visagie
- Ouma se Slim Kind, 2007 as Polla
- Gautengeleng, 2004 as die elektrisiën
TV-optredes:
- Molly en Wors, 2009-2011 as Vaatjie
- Villa Rosa, 2007 as Hendrik Boshoff
- Binnelanders, 2007 as die kroegvlieg
- Begeertes, 2006 as Vaatjie
- Scandal (e-TV), 2006 as Barry
- Dryfsand, 2005 as Koos Roets
- Amalia, 2005
- 7de Laan, 2004 as die kroegman
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Vaatjie se tuisblad Geargiveer 13 Mei 2020 op Wayback Machine