Binnelanders

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Binnelanders
Genre Sepie
Geskep deur M-Net, kykNET
Geskryf deur Helene Truter
Geregisseer deur Danie Joubert
Temamusiekkomponis Jak de Priester
Oorsprong Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Afrikaans met Engelse onderskrifte
Aantal seisoene 9
Aantal episodes 1 675 (soos op Maart 2013)
Produksie
Vervaardiger(s) Friedrich and Elsje Stark
Looptydperk 30 minute
Produksiemaatskappy Stark Productions
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET, M-Net Terrestrial

Binnelanders (op 'n stadium Binneland Sub Judice) is 'n Afrikaanse TV-sepie. Die drama speel af in 'n privaathospitaal, genaamd Binneland Kliniek, in Pretoria. Die storie gaan oor die wel en weë van die personeel en die gepaardgaande trauma van die hospitaal se pasiënte.

Die eerste episode is op 13 Oktober 2005 op beide M-Net en kykNET uitgesaai. Dit was aanvanklik 'n uur lank, toe 'n halfuur per dag, daarna weer een uur, en toe terug na 'n halfuur per dag. Dit word tans weeksaande vanaf 18:30 tot 19:00 op kykNET uitgesaai.

Die temalied word deur Jak de Priester gesing. Hy het die liedjie spesiaal vir die program geskryf: "Buite in die strate — bars Jakarandas uit hul nate — en alles lyk van ver af — so gesond..."

Seisoene[wysig | wysig bron]

  • Seisoen 1 (52 episodes): 13 Oktober 2005 tot 5 Oktober 2006
  • Seisoen 2 (88 episodes): 13 April 2006 tot 8 Mei 2007
  • Seisoen 3 (260 episodes): 9 Mei 2007 tot 6 Mei 2008
  • Seisoen 4 (260 episodes): 7 Mei 2008 tot 6 Mei 2009
  • Seisoen 5 (234 episodes): 7 Mei 2009 tot 31 Maart 2010
  • Seisoen 6 (260 episodes): 5 April 2010 tot 1 April 2011
  • Seisoen 7 (260 episodes): 4 April 2011 tot 30 Maart 2012
  • Seisoen 8 (260 episodes): 2 April 2012 tot 29 Maart 2013
  • Seisoen 9 (260 episodes): 1 April 2013 tot 28 Maart 2014
  • Seisoen 10 (260 episodes):
  • Seisoen 11: tans op die lug

Akteurs[wysig | wysig bron]

Van die akteurs wat tans hierin speel:

  • Hykie Berg as Dr. Conrad Bester
  • Pietie Beyers as Dr. Herman du Preez
  • Clint Brink as Dr. Steve Abrahams
  • Néna Butler
  • Kim Cloete as Bronwyn Abrahams
  • Desiré Gardner as Daleen Jonker (Oosthuizen)
  • Erik Holm as Rian Malherbe
  • Reynard Hugo as Dr. Tertuis Jonker
  • David Konrad
  • Ben Kruger as Okkie
  • Pascal Pienaar as Karli
  • Hans Strydom as At Koster
  • Cindy Swanepoel
  • Je-ani Swiegelaar as Naomi
  • Nadia Valvekens as Pippa Venter
  • Brümilda van Rensburg as Jana du Preez
  • Hannelie Warren as Ilse Delport

en andere.

Gasspelers (op 16 November 2015)[wysig | wysig bron]

  • Leslie Fong as Tim
  • Liesie Prinsloo as Lisa
  • Robbie Wessels as Kobus
  • Irvine van der Merwe as Dennis
  • Hilda Cronje as Mia
  • Gerhard Rudolf as Rossouw

Gewese akteurs[wysig | wysig bron]

  • Fatima Abdool as Matrone Ria de Witt
  • Quanita Adams as Zadie
  • Anel Alexander as Nina
  • Lika Berning as Hannah Rossouw
  • David Butler as Jacques Malan
  • Susan Danford as Carien Vos
  • Gys de Villiers as Zieg Combrink
  • Sarahann Doherty as Roelien Verwey
  • Leandie du Randt as Ivanka Gouws
  • Paul du Toit as Malan Koster
  • Zeena Edwards
  • Tessa Jubber as Julia
  • Stefan Ludik
  • Milan Murray as Frankie van Niekerk
  • Elma Postma as Bea Basson (Del Port)
  • Ramey Short as Dr. Quinton Meyer-Koster
  • Matt Stern as Inspekteur Labuschagne
  • Retief van der Liefde
  • Neels van Jaarsveld as Gideon Basson

Gewese gasspelers[wysig | wysig bron]

  • Paul Lückhoff as Wimpie
  • Gerrit Schoonhoven as Japie
  • Dann-Jacques Mouton as Nicholas
  • Ruan Wessels as Morné
  • Marijke Bezuidenhout as Liezl

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]