Gerhild
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Gerhild, Gerhilde, Gerhilt of Kerhild is 'n ou Duitse vrouenaam.
Oorsprong en betekenis
[wysig | wysig bron]Die naam Gerhild bestaan uit die twee ou-Hoogduitse woorde gēr = spies en hiltja = geveg. Gerhild is dus 'n spiesvegter. Dit is vergelykbaar met Brunhild, die vegter met die borsharnas.
Die naamdag
[wysig | wysig bron]Die Rooms-Katolieke naamdag vir Gerhild (Kerhild) van Konstanz is 23 September. Sy het in die 12de eeu 'n lewe van boetedoening as "kluisenaar" in die klooster van St. Gallen (Switserland) gelei. Kluisenaars het ´n lewe in afsondering in 'n kloostersel of kluis gevoer.
Bekende persoonlikhede
[wysig | wysig bron]- Gerhild Diesner (* 1915 in Innsbruck; † 1995 Hall in Tirool), Oostenrykse skilder
- Gerhild Ebel (b. 1965), kunstenaar, skrywer en redakteur
- Gerhild Gauck (b. 1940), die vrou van die Duitse President, Joachim Gauck.
- Gerhild Halfmeier (b. 1942), die Hamburgse politikus van die SPD
- Gerhild Jahn (* 24. Junie 1941; † 21. September 1998), die Noord-Ryn-Westfaalse politikus
- Gerhild Komander – (* 1958), Duitse historikus, akademiese skrywer, joernalis en redakteur
- Gerhild Steinbuch (gebore 1983), Oostenrykse skrywer
- Gerhild Weber (* 3. Mei 1918; † 7. November 1996), Duitse aktrise
Fiktiewe naamdraers
[wysig | wysig bron]Een van die Valkyries in Richard Wagner se opera "die Walküre" uit die "Ring des Nibelung" is die sopraan Gerhilde.