Gom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Druppel gom.
Verskillende soorte gomme.

Gom is 'n klewerige materiaal (gewoonlik 'n vloeistof) wat gebruik word om twee of meer dinge aan mekaar vas te plak.

Baie soorte gom is veilig, maar sekere soorte bevat sterk ruikende chemikalieë. Hierdie chemikalieë kan giftig wees en kan breinskade of siekte veroorsaak. Die reuk van gom moet liefs vermy word. As gom vir kinders aangekoop word, moet seker gemaak word dat dit veilig is en nie enige gifstowwe bevat nie.

Gom kan van plantaardige of diereprodukte vervaardig word, of dit kan van olie-gebaseerde chemikalie kom. Sekere moderne gomme is supersterk en speel 'n belangrike rol in konstruksie en die industrie.

Sien ook[wysig]

  • Hars, 'n taai, klewerig, plantaardig produk.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Gom (kategorie)