Hatfield House

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hatfield House.jpg

Hatfield House

naby Hatfield, Hertfordshire

Engeland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk


Opgerig

1611


Boustyl

Jacobeaans


Webtuiste
Hatfield House

Hatfield House is 'n country house oos van Hatfield, 'n nedersetting in die Engelse graafskap Hertfordshire. Die huidige Jacobeaanse herehuis, wat in 'n uitgestrekte park (die Groot Park) geleë is, is in 1611 opgerig deur Robert Cecil, die eerste graaf van Salisbury en hoofminister onder koning Jakobus I. Die huis dien sedertdien as die setel van die Cecil-familie.

Hatfield House word as 'n uitstekende voorbeeld van Jacobeaanse boukuns beskou en is tans die woning van Robert Gascoyne-Cecil, 7de markies van Salisbury. Die huis staan oop vir die publiek.