Hematurie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Star of life caution.svg

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n mediese dokter verwys te word.
Mikroskopiese hematurie

Hematurie is die teenwoordigheid van rooibloedselle in die urine. Sigbare hematurie (ook bekend as bruto hematurie of makroskopiese hematurie), veroorsaak sigbare rooi of bruin verkleuring van die urine. Mikroskopiese hematurie is onsigbaar vir die blote oog en word dikwels aangetref deur analise van die urine.

Kronies of aanhoudend hematurie is wanneer vyf of meer rooibloedselle gesien kan word in elk van drie agtereenvolgende sentrifugeerde unrinemonsters wat minstens een week uitmekaar verkry is.

Enige deel van die niere of urineweg (ureters, urinêre blaas, prostaat en uretra) kan bloed in die urine lek. Die oorsake van hematurie is breed, wat wissel van urienweginfeksie tot nierstene tot blaaskanker.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Cohen, Robert A.; Brown, Robert S. (05 Junie 2003). “Kliniese praktyk. Mikroskopiese hematurie” (in Engels). The New England Journal of Medicine 348 (23): 2330–2338. doi:10.1056/NEJMcp012694.