Hennie Maas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hennie Maas is in Pretoria gebore en het sy laer-en hoërskoolloopbaan in diè stad deurloop. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en begin in 1956 by die SAUK in Commissionerstraat, Johannesburg, werk. Sy eerste werk by die SAUK was as aanbiedingsassistent wat die uitsaaigehalte van uitsendings beheer het. In die laat 1960's skuif Mnr. Maas na die nuusafdeling van die SAUK, en in 1970 aanvaar hy 'n pos as omroeper by Radio Nederland Wêreldomroep in Hilversum waar hy drie jaar werksaam is.

Ná sy terugkeer na Suid-Afrika sluit hy in 1973 by die Afrikaanse radiodiens as omroeper aan. Hy aanvaar in 1978 'n pos by Sentrachem as skakelbeampte. In 1983 keer Mnr. Maas terug na die Afrikaanse diens en doen verskeie programme soos In my kontrei, Langs die Maasrivier, Koper, strykers en ander snare, Met 'n lied in die hart, Hoe verklaar u dit, Pixel en Sterre en Planete. Na sy aftrede in 2005 gaan hy voort met Sterre en Planete. Hy is getroud en het een seun. Hy was 'n medeskrywer van Sterre en Planete wat in 2017 deur Naledi Uitgewers uitgegee is.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Inligting verkry van die 2017 Naledi Uitgewers publikasie Sterre en Planete.