Herman Brusselmans
Herman Brusselmans | |
---|---|
Gebore | 9 Oktober 1957 Hamme, Oos-Vlaandere, België |
Alma mater | Universiteit van Gent |
Beroep | romansier, digter, dramaturg, rubriekskrywer |
Herman Frans Martha Brusselmans (Nederlandse uitspraak: ˈɦɛrmɑn ˈbrʏsəlmɑns; gebore op 9 Oktober 1957) is 'n Vlaamse digter, dramaturg en rubriekskrywer. Hy woon in Gent. Hy is een van bekendste Vlaamse skrywers, maar ook 'n besonders kontroversiële figuur vanweë sy kru taalgebruik en afstootlike komedie. [1] [2]
Lewe en loopbaan
[wysig | wysig bron]Herman Brusselmans het as student Duitse filologie aan die Universiteit van Gent studeer. In sy vroeë twintigs was hy ook 'n vurige sokkerspeler. Hy het as linkervleuel vir K.F.C. Vigor Wuitens Hamme en K.S.C. Lokeren Oost-Vlaanderen gespeel, en hy besit tans sy eie sokkerspan genaamd "De Woody's", wat vernoem is na sy (oorlede) hond Woody. Brusselmans is in 1981 met Gloria Van Iddergem getroud, maar tien jaar later van haar geskei. In 2005 is hy met sy tweede vrou, Tania De Metsenaere, getroud. Hulle verhouding is in 2010 beëindig. In Maart 2016 het hy sy huidige vriendin ontmoet, saam met wie hy tans saamwoon in Gent. Alhoewel dit bekend is dat haar voornaam Lena is, bly haar familienaam tot vandag toe nog onbekend. Die paartjie se verhouding het baie aandag in die media in Vlaandere geniet vanweë hul ouderdomsverskil van byna 34 jaar.
Brusselmans het in die vroeë tagtigerjare uiters gewild geword as deel van die nuwe generasie jong Vlaamse romanskrywers wat Tom Lanoye en Kristien Hemmerechts ingesluit het.
Alhoewel Brusselmans op 'n keer in die Vlaamse tydskrif HUMO gesê het dat hy sou ophou skryf oor bestaande mense en situasies, bly sy werk steeds sterk outobiografies van aard. Temas soos alkohol, seks en verveling kom deurlopend in sy werk voor.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]Romans
[wysig | wysig bron]
|
|
|
Novelles
[wysig | wysig bron]- 1988: Iedere zondag sterven en doodgaan in de week
- 2006: De dollartekens in de ogen van Moeder Theresa
- 2007: Het team der wezen (Literêre Juweeltjies)
- 2007: Kwantum
- 2008: Over mijn vrouw (spesiaal geskryf vir die tydskrif Viva, ook uitgegee as 'n potgooi)
- 2009: Stationsroman (saam met Joke van Leeuwen, Tom Naegels, Anne Provoost en Oscar van den Boogaard, n.a.v. die restourasie van die Antwerpen-Centraal stasie)
- 2014: Waarom België (geen) wereldkampioen wordt (saam met Gunther Schepens)
- 2016: Nul-Nul (Literêre Juweeltjies)
Verhale
[wysig | wysig bron]- 1982: Het zinneloze zeilen
- 1992: Het mooie kotsende meisje (rubrieke, toneel, ens.)
- 1998: Bloemen op mijn graf (rubrieke, gedigte, ens.)
- 2000: In onze barre prachtige tijden
- 2002: Patiënt HB
Ander
[wysig | wysig bron]- 1988: Een bos op zoek naar bomen (Strokiesprentboek in samewerking met die Bond Beter Leefmilieu, tekeninge Erik Meynen.)
- 1988: De geschiedenis van de Vlaamse letterkunde
- 1989: De geschiedenis van de wereldliteratuur (rubrieke)
- 1989: De Canadese muur (toneel, met Tom Lanoye)
- 1997: Meisjes hebben grotere borsten dan jongens (kinderpoësie)
- 1997: Doch verder geen paniek (aanhalings, saamgestel deur Gerd De Ley)
- 1997: Wie is Herman Brusselmans en waarom? (verjaardagsbundel met stukke van andere, saamgestel deur Ed van Eeden)
- 2000: De koffer (Strokiesprentboek, met Caryl Strzelecki)
- 2004: Heilige schrik (rubrieke)
- 2007: Nog steeds geen paniek (aanhalings, saamgestel deur Gerd de Ley)
- 2010: Vragen van liefde
- 2010: Wij en onze dieren (teks by fotoboek, Uitgeverij Voetnoot)
- 2017: Majoor van het menselijk leed - leven, werk en imago van Herman Brusselmans (biografie van Rick Honings)
Filmografie
[wysig | wysig bron]As akteur
[wysig | wysig bron]- 1994: La vie sexuelle des Belges 1950-1978
- 1996: Camping Cosmos
- 2004: Het Geslacht De Pauw
Films
[wysig | wysig bron]- 2007: Ex Drummer
Diskografie
[wysig | wysig bron]- 1997: Val dood! (radiorubrieke)