Highgate-begraafplaas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Highgate Cemetery East.JPG

Highgate Cemetery


Ligging

Highgate
Londen, Verenigde Koninkryk



Gevestig in

1839


Oppervlakte

37 akkers (15 hektaar)


Highgate cemetery (West) - geograph.org.uk - 828544.jpg

Permanente grafte

53 000+

Die Highgate-begraafplaas is 'n vredehof in Highgate, 'n stadsdeel in die noorde van die Britse hoofstad Londen wat op 20 Mei 1839 ingewy is. Dit was een van sewe nuwe privaat begraafplase wat in die 1830's en 1840's in die omliggende landelike omgewing vir die teraardebestelling van Londenaars ontstaan het nadat kerkhowe in die stadsgebied oorvol geraak het. Na hierdie sewe begraafplase word informeel dikwels as die Magnificent Seven verwys.

Sowat 170 000 oorledenes het hul laaste rusplek in 'n geskatte 53 000 grafte op die Highgate-begraafplaas gevind, waaronder bekende persoonlikhede soos Karl Marx. In die 1970's is die begraafplaas byna aan verval prysgegee nadat die privaat eienaars dit nie meer winsgewend kon bedryf nie. Plantegroei is nie meer beheer nie, en vandale het verwoesting gesaai.

In 1975 het belangstellende vrywilligers in 'n vereniging saamgesluit om die begraafplaas van algehele verwaarlosing te red. Tans het die vredehof, wat in 'n westelike en oostelike afdeling verdeel word, de facto die status van 'n natuurreservaat en word dit in die National Register of Historic Parks and Gardens gelys.