Hirosjima

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Hiroshima)
Spring na: navigasie, soek
Hirosjima
広島市 Hiroshima-shi
Hiroshima Peace Memorial.jpg
Official Vlag van Hirosjima
Vlag
Ligging van Hirosjima in die Hirosjima-prefektuur
Ligging van Hirosjima in die Hirosjima-prefektuur
Ligging van Hirosjima op 'n kaart (Japan)
Hirosjima
Hirosjima
Ligging van Hirosjima in Japan (in rooi)
Koördinate: 34°23′N 132°27′O
Land Japan
Gebied Tsjoegokoe, Saniogebied
Prefektuur Hirosjima-prefektuur
Regering
 - Burgemeester Tadatosji Akiba
Oppervlak
 - Stad 905,01 km²  (349,4 vk m)
Bevolking (Januarie 2007)
 - Stad 1 159 391
 - Digtheid 1 281,1/km² (3 318/myl2)
Poskode 730-8586
Skakelkode(s) 082
Webwerf: http://www.city.hiroshima.jp/

Die Japannese stad Hirosjima (広島市, Hirosjima-shi) is die hoofstad van die Hirosjima-prefektuur en die grootste stad in die Tsjoegokoestreek van Wes-Honsjoe, die grootste eiland van Japan. Die stad is geleë by 34°23′07″N, 132°27′19″O (die stadshuis). Hirosjima is daarvoor bekend dat dit die eerste stad in die geskiedenis is wat die teiken van kernwapenoorlog was in die Tweede Wêreldoorlog.

Hirosjima het op 1 April 1889 munisipale status gekry en op 1 April 1980 'n bevolking van 500 000 amptelik oorskry. Die stad se huidige burgemeester is Tadatosji Akiba, wat op 23 Februarie 1999 ingehuldig is.