Hoërskool Alberton
Hoërskool Alberton | |
Leuse | Deur Inspanning Tot Sukses |
---|---|
Gestig | 1948 |
Tipe | Afrikaanse Hoërskool |
Grade | Graad 8 - 12 |
Medium | Dubbel-medium |
Dorp | Alberton |
Provinsie | Gauteng |
Land | Suid Afrika |
Kleure | Maroon en Blou |
Webblad | https://allies.co.za/ |
Hoërskool Alberton is 'n Afrikaanse hoërskool in Florentia, Alberton, Suid-Afrika.[1][2][3] Die skool het ongeveer 800-1000 leerders en is 'n dubbelmediumskool wat fokus op passie, ambisie, tradisie, respek, ywer, en sportgees. Dit is 'n instansie waar leerders nie net akademies kan presteer nie, maar ook aktief betrokke raak by sport, kultuur, en gemeenskapsinisiatiewe.
Die skool se geskiedenis dateer terug na 1948 toe dit gestig is. Op Dinsdag, 12 Oktober 1948, is die boeke, meubels, en ander benodigdhede van die middelafdeling van die Kruger-skool oorgedra na die nuwe laerskool in Alberton. Die eerste skoolhoof, P. F. Erasmus, het die skool geopen met nege onderwysers en 183 leerlinge. Sedertdien het Hoërskool Alberton 'n ryk tradisie van uitnemendheid in onderrig en buitemuurse aktiwiteite opgebou.
Die skool se erekode en skoollied dra by tot die unieke identiteit van Hoërskool Alberton.
Die skole Marais Viljoen en Dinamika is oor die jare die hoof kompeterende skole, veral op sportgebied.
Noemenswaardige oud-leerlinge
[wysig | wysig bron]- Michiel le Roux: Stigter en voorsitter van Capitec Bank, een van Suid-Afrika se suksesvolste banke.
- Andrew Hall: Voormalige internasionale en Protea-krieketspeler.
- Deon de Kock: Voormalige Springbokrugbyspeler.
- Bernadette Coston: Suid-Afrikaanse hokkiespeler.
- Janine van Wyk: Bekende Banyana Banyana-sokkerspeler.
- Carike Keuzenkamp: Afrikaanse sangeres en aktrise.
- Arnold Vosloo: Hollywoodster, ook bekend vir die flieks “Boetie Gaan Border Toe” en “The Mummy”.
Erekode
[wysig | wysig bron]Ons gee die ereplek aan God en Sy Woord in ons skool en streef die Christelike lewensbeginsels na. Ons staan vir ons taal, ons volk en ons land.
Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy Naam met woord en daad. Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en ons medemens te dien. Ons gehoorsaam en respekteer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor dames en meerderes.
Ons woeker met die talente wat God aan ons toevertrou het en pak elke taak met hart en siel aan. Ons stry teen alles wat in en om ons verkeerd is en beoefen wilskrag sodat ons ‘n sterk Christelike karakter kan ontwikkel. Ons woord is ons eer.
Ons is daarop gesteld om onsself en ons omgewing, netjies en skoon te hou. Ons streef daarna om eerlik, opreg, getrou en vriendelik te wees.
Ons glo dat die vrese van die Here die beginsel van wysheid is.
Skoollied
[wysig | wysig bron]Ons sing hier van jou deugde in ons skone moedertaal,
ons arbei hier met vreugde aan ons toekoms ideaal, ons gaan vol moed die toekoms in,
volg ons leuse steeds getrou,
want arbeid lei ons tot sukses; fondament waarop ons bou.
Kom, monster al jul kragte, o jeug van Alberton,
van ons wieg af tot ons wasdom word veel van ons verwag. In ons spel en sport en arbeid gaan
ons steeds blymoedig voort,
ons juigkreet galm soos altyd — die wye vlaktes oor.
Akademie
[wysig | wysig bron]Sedert 1948 gee Hoërskool Alberton die pas aan in akademie. Die skool spog met uitnemende leerkragte en leerders. By Hoërskool Alberton is akademie prioriteit. Individiuele aandag word verseker, wat op sy beurt sorg vir puik prestasies.
GRAAD 8 en 9 | GRAAD 10 tot 12 |
|
VERPLIGTE VAKKE
KEUSEVAKKE (Univ. Vrystelling)
|
Ten minste 4 vakke meer as 50% aan einde van Gr. 12 gee toelating tot universiteit.
Sport
[wysig | wysig bron]Allies spog sedert 1948 met 'n wentradisie wat bo ander uitstyg.
Sportsoorte aangebied: | Sportfasiliteite: |
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "EMIS". www.education.gov.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2024. Besoek op 25 Julie 2024.
- ↑ "Updated: Hoerskool Alberton Fees 2025 | Uniform | Registration Form". 16 Mei 2024. Besoek op 25 Julie 2024.
- ↑ "Hoerskool Alberton High School | Ratings For Schools". www.ratingsforschools.co.za. 24 Mei 2022. Besoek op 25 Julie 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Sosiale mediakanale
- Hoërskool Alberton se Facebook Blad 1
- Hoërskool Alberton se Facebook Blad 2
- Hoërskool Alberton se Instagram
- Hoërskool Alberton se Youtube Kanaal