Arnold Vosloo
Arnold Vosloo | |
Arnold Vosloo in 2009
| |
Geboorte | 16 Junie 1962 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | The Mummy The Mummy Returns |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Arnold Vosloo (gebore 16 Junie 1962, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is bekend vir die titelrol wat hy vertolk in die 1999-film The Mummy en die vervolg in 2001, The Mummy Returns.[1]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Vosloo het sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse teater begin waar hy verskeie Dalrotoekennings gewen het vir sy optredes in toneelstukke soos Don Juan, Hamlet, en Môre is 'n Lang Dag. Hy het vinnig 'n bekende persoon in Pretoria se Staatsteater geword.
In 1984 gaan hy oor na rolprente, en speel die hoofrol in Boetie gaan border toe!, 'n komedie oor die Grensoorlog, saam met Frank Opperman. Ook in Circles in the Forest as Saul (gebaseer op die boek Kringe in 'n Bos van Dalene Matthee ) in 1990. Later speel Vosloo in die 'Boetie'-opvolger, Boetie op maneuvers in 1986.
Met sy aankoms in die VSA keer Vosloo terug na die teater waar hy optree in Born In The RSA en in 'n kortstondige produksie van Salomé saam met Al Pacino.
Sy Amerikaanse filmdebuut was in 1492: Conquest of Paradise (1992). Hy verskyn later in die twee minder suksesvolle vervolgverhale van die 1990 -film Darkman, Darkman II: The Return of Durant (1994) en Darkman III: Die Darkman Die (1996), en vul die skoene van Liam Neeson as die karakter Darkman. Hy is ook bekend daarvoor dat hy skurke vertolk soos in die John Woofilm Hard Target (1993), met Jean-Claude Van Damme in die hoofrol. Hy vertolk die titelrol van die 1999 film The Mummy (met Brendan Fraser in die hoofrol), asook die opvolger hiervan in 2001, The Mummy Returns. In albei films speel hy Imhotep, 'n ou Egiptiese hoëpriester. Vosloo speel ook François Molay, die hoofskurk se handlanger, in die 2003-film Agent Cody Banks.
Benewens sy filmloopbaan speel hy 'n gasrol in verskeie TV-reekse, waaronder The Red Shoe Diaries, American Gothic (1995), Nash Bridges (1995), Charmed (2000), Alias (2004) en NCIS (2009). Hy was een van die hoofkarakters in Veritas: The Quest (2003).
In 2004 keer Vosloo terug na Suid-Afrika om in Forgiveness te speel, 'n film oor 'n eks-polisieman wat na die familie van 'n anti-Apartheidsaktivis soek wat hy vermoor het. Ook speel hy die huursoldaat Colonel Coetzee in die 2006 film Blood Diamond, wat gedeeltelik verfilm is in Suid-Afrika. Vosloo se aangesig, sowel as sy stem, is gekies as die hoofheld (Saul Myers) in die videospeletjie Boiling Point: Road to Hell, wat in 2005 gepubliseer is. Hy vertolk ook die rol van die Cobra huursoldaat, Zartan, in die 2009 videospeletjie G.I Joe: The Rise of Cobra.[2][3][4]
Filmografie
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1984 | Boetie gaan border toe! | Boetie van Tonder | |
1985 | Morenga | Schiller | |
1987 | Skeleton Coast | Blade | |
Saturday Night at the Palace | Dougie | ||
Steel Dawn | Makker | ||
1988 | Act of Piracy | Sean Stevens | |
Gor | Norman | ||
1989 | Reason to Die | Wilson | |
The Revenger | Mackie | ||
1990 | Circles in a Forest | Saul | |
Living to Die | Jimmy | ||
The Rutanga Tapes | Assad | ||
Buried Alive | Ken Wade | ||
1992 | The Finishing Touch | Mikael Gant | |
1492: Conquest of Paradise | Guevara | ||
1993 | Red Shoe Diaries 2: Double Dare | Bill | |
Hard Target | Pick van Cleaf | ||
1994 | Darkman II: The Return of Durant | Darkman/Dr. Peyton Westlake | |
1995 | American Gothic | Rafael Santo | TV-reeks |
Fallen Angels | MacMan | TV-reeks | |
1996 | Nash Bridges | Alex Abe | TV-reeks |
Darkman III: Die, Darkman, Die | Darkman/Dr. Peyton Westlake | ||
1997 | Zeus and Roxanne | Claude Carver | |
1998 | Rough Draft | Stefan | |
Progeny | Dr. Craig Burton | ||
1999 | Strange World | Dark-Haired Man | TV-reeks |
The Mummy | High Priest Imhotep | ||
2000 | Charmed | Darklighter | TV-reeks |
2001 | The Red Phone: Manhunt | Wolf | TV-film |
The Mummy Returns | High Priest Imhotep | ||
2002 | Endangered Species | Warden | |
Con Express | Anton Simeonov | ||
Warrior Angels | Luke | ||
Global Effect | Dr. Richard Hume | ||
2003 | Veritas: The Quest | Vincent Siminou | TV-series |
Agent Cody Banks | Francois Molay | ||
The Red Phone: Checkmate | Wolf | TV-film | |
2004 | Alias | Mnr. Zisman | TV-reeks |
Meltdown | Khalid/Sands | TV-film | |
Forgiveness | Tertius Coetzee | ||
2005 | 24 | Habib Marwan | TV-reeks, herhalende karakter |
Im Auftrag des Vatikans (Death Train) | Lennart | TV-film | |
2006 | Blood Diamond | Kolonel Coetzee | |
2007 | Living & Dying | Ondersoekbeampte Rick Devlin | |
Shark | Andre Zitofsky | TV-reeks | |
2008 | Odysseus and the Isle of the Mists | Odysseus | |
Shark | Andre Zitofsky | TV-reeks | |
2009 | Chuck | Vincent | TV-reeks |
Fire and Ice: The Dragon Chronicles | King Augustin | ||
NCIS | Mossad Officer Amit Hadar | TV-reeks | |
G.I. Joe: The Rise of Cobra | Zartan | ||
2011 | Vanilla Gorilla | ? | Familie-avonture. Vrystellingsdatum: 24 April 2011. |
The Precious One | Kevin Stent | Ware verhaal oor die Olimpiese atleet Precious McKenzie. | |
Four Saints | Baron de T’Serclaes | ||
2013 | G.I. Joe: Retaliation | Zartan | |
2013 | Odd Thomas | Tom Jedd | |
2015 | Shark Killer | Nix | |
2018 | The Harrowing | Dr. Franklin Whitney | |
2020 | Griekwastad | Colonel Dick de Waal | |
2022 | Silverton Siege | Kaptein Johan Langerman | |
2022 | Ludik | Daan Ludik | TV-reeks |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Janie Monsieur (22 Augustus 2019). "Arnold Vosloo oor SA en rol in 'Griekwastad'". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2019. Besoek op 22 Augustus 2019.
- ↑ Interview from May 2020 (YouTube)
- ↑ Laetitia Pople: Pacino verstommend - Arnold Vosloo 'New York is stimulerend én neerdrukkend', Beeld-Kalender, 5th of May 1992.
- ↑ Franklin, Garth (18 Februarie 2008). "Logo, Prez & More "G.I. Joe" Updates". Dark Horizons. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2008. Besoek op 23 Februarie 2008.