Hortologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Vertikale tuin.

Hortologie (van Latyn: "hortus" = tuinplant) of tuinbou word op sy eenvoudigste gedefinieer as die groei van tuinplante.

Die Wintertuin[wysig | wysig bron]

Hou streng by saaidatums[wysig | wysig bron]

Ten einde 'n suksesvolle groentetuin te verbou tydens die wintermaande moet daar streng gehou word by die aanbevole saaidatums vir bv koolgewasse, wortels en beet. Daarby moet alle ander bestuurspraktyke noulettend uitgevoer word. Saaidatums is belangrik omdat die hitte van die mid- en laatsomer die grondslag lê vir die sukses van die wintertuin.

Voordele van 'n wintertuin bo 'n somertuin[wysig | wysig bron]

Die koue van die wintermaande (Meimaand tot Augustus in die grootste deel van Suid-Afrika) werk soos 'n koelkas: dit hou groente in 'n puik toestand. Kopkool, wortels, beet en raap kan te enige tyd geoes word. Daarby het blomkool en broccoli 'n goeie twee weke pluktyd, in teenstelling met uiters twee dae gedurende die someraande.

As die tuin eers gevestig is, is die werk in die wintertuin baie min. Water hoef bv slegs eenmaal per week toegedien te word.

Geskikte gewasse[wysig | wysig bron]

Uie[wysig | wysig bron]

Uie word in twee hoofgroepe verdeel, nl. kortdag-kultivars soos bv Texas Grano, en langdag-kultivars soos Australian Brown en Caledon Globe. In omgewings soos bv Bloemfontein/Brandfort, waar aanplantgebiede vir langdag- en kortdaguie oorvleuel, moet die huistuinier katvoet loop met sy saaidatums, ten einde saadskiet tot die minimum te beperk.

Breedtegraad speel 'n bepalende rol by uieproduksie. Kortdag-uiesoorte word by die laer breedtegrade geplant, in teenstelling met die langdag-kultivars wat weer by die hoër breedtegrade geplant word, soos bv in die Wes-Kaap.

Texas Grano kan met groot sukses gesaai word gedurende April en Mei. Australian Brown word weer vanaf 1 Mei tot 20 Mei gesaai. Dit geld vir die Bloemfontein-omgewing. Saai op saadbeddings wat diep nat is, en hou die beddings klam. Tydens koue weer neem uiesaad tot drie weke om te ontkiem. Moenie toelaat dat die saailinge deur onkruid ingeneem word nie.

Kool[wysig | wysig bron]

Spuit koolplantjies elke drie weke teen larwes van die ruitrugmot. Gebruik Malasol of Durstban. Voed plantjies weekliks met 'n goeie gebalanseerde voeding soos bv Multifeed. Volg die voorskrifte.

Peulgroente[wysig | wysig bron]

Saai ertjies en boerboontjies die laaste week van Mei en die eerste week van Junie, sodat hierdie twee groentesoorte nie in blom moet kom tydens Augustusmaand nie, omdat daar dan nog 'n besliste gevaar van ryp is.

Radyse[wysig | wysig bron]

Saai radyse gedurende Mei.

Vrugte[wysig | wysig bron]

Hou vrugtebome en druiwestokke nog diep nat gedurende Mei en Junie. Wag met die snoeiwerk tot minstens Juniemaand.