Hugleik
Voorkoms
Hugleik of Ochilaik was in die Noorse mitologie 'n legendariese koning van Swede se Huis van Yngling. Hy was die seun van Alf en Bera.
Nadat Hugleik se vader en oom mekaar vermoor het, het hy koning geword. Hy was, nes sy vader, nie 'n vegter nie en het verkies om tuis te bly. Hy was ryk en gierig en het daarvan gehou om vermaak te word.
Haki en Hagbard was twee beroemde seekonings met groot leërs en het soms saam geplunder. Haki, 'n moorddadige vegter, het in Swede aangekom met sy troepe om Uppsala aan te val.[1] Hugleik het ook 'n groot leër bymekaargemaak.
'n Groot stryd het ontstaan toe die twee leërs ontmoet. Die Sweedse leër is verslaan en Haki het Hugleik en albei sy seuns vermoor.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Nerman, B. Det svenska rikets uppkomst. Stockholm, 1925.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Voorganger ← Yngvi en Alf |
Legendariese Sweedse koning | Opvolger Haki → |