Istanbul Atatürk Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Istanbul Atatürk Lughawe
Tavlairportsogo.png
Ataturk Airport Karakas-1.jpg
IATA: ISTICAO: LTBA
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Algemene Direktoraat van Staatslughawens
Operateur TAV Lughawens
Bedien Istanboel, Turkye
Ligging Yeşilköy
Spil vir Atlasjet
Pegasus Airlines
Turkish Airlines
Hoogte bo seevlak 163 vt / 50 m
Koördinate 40°58′34″N 028°48′51″O / 40.97611°N 28.81417°O / 40.97611; 28.81417Koördinate: 40°58′34″N 028°48′51″O / 40.97611°N 28.81417°O / 40.97611; 28.81417
Webtuiste www.ataturkairport.com
Landkaart
IST is geleë in Turkye
IST
Ligging in Turkye
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
17L/35R 3 000 9 843 Beton
17R/35L 3 000 9 843 Beton
05/23 2 580 8 465 Gegroefde teer
Statistieke (2013)
Totale passasiers 51 297 790
Internasionale passasiers 34 079 118
Bron: Turkse Lugvaartinligtingspublikasie

Istanbul Atatürk-lughawe (IATA-kode: IST, ICAO: LTBA) is die belangrikste internasionale lughawe wat Istanboel, Turkye bedien (gevolg deur Sabiha Gökçen Internasionale Lughawe) en die grootste lughawe in Turkye volgens die aantal passasiers hanteer. Dit is in 1924 geopen en is geleë in Yesilköy, aan die Europese kant van die stad, 24 km (15 myl) wes van die sentrum van die stad. In 1980 is die lughawe herdoop na Atatürk Internasionale Lughawe ter ere van Mustafa Kemal Atatürk, stigter en eerste president van die Republiek van Turkye. Dit het oor die 51 miljoen passasiers bedien in 2013, wat dit die 17de besigste lughawe in die wêreld maak in terme van totale passasiersverkeer en die 10de besigste in die wêreld in terme van internasionale passasiersverkeer. Dit was 5de besigste lughawe in Europa in 2013, net na Amsterdam.[1][2]

Die Turkse Kamer van Siviele Ingenieurs lys Atatürk Internasionale Lughawe as een van die vyftig siviele ingenieursprestasies in Turkye. By die "Air Transport News" toekenningsgeleentheid van 2013 is Istanbul Atatürk-lughawe benoem as "Lughawe van die Jaar".[3] Die lughawe is ook benoem as "Beste Lughawe in Europa" in die 40-50 miljoen passasiers per jaar kategorie by die 2013 Wêreld Skytrax Lughawe toekenningsgeleentheid.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "12 months". Aci.aero. 2013-04-24. Verkry op 2013-04-29. 
  2. "12 months". Aci.aero. 2013-04-24. Verkry op 2013-04-29. 
  3. "Air Transport News". Atn.aero. 2013-03-18. Verkry op 2013-04-29. 
  4. "World's Best Airports by Passenger Numbers in 2013". Worldairportawards.com. Verkry op 2013-04-29. 


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.