Itzehoer SV
Volledige naam | Itzehoer Sportverein von 1909 e.V. |
Stigtingsdatum | 3 Oktober 1909 |
Tuisveld | Driver & Bengsch-stadion, Itzehoe |
Kapasiteit | 9 000 |
Kompetisie | Oberliga Sleeswyk-Holstein |
Itzehoer SV is 'n sportklub uit Itzehoe in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Die span is, benewens sy sokkerafdeling, ook bekend vir sy kegelbalafdeling, wat in die kegelbal-Bundesliga op die hoogste vlak meeding.
Die klub is op 3 Oktober 1909 as Fußball-Club Preußen Itzehoe von 1909 gestig. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub onder die huidige naam herstig as 'n samesmelting met VfL Eintracht Itzehoe en SC Askania Itzehoe. Die klub is versterk deur verskeie spelers van die tradisionele klub VfB Königsberg, wat saam met die stad Königsberg (vandag Kaliningrad) deur die Geallieerdes vernietig is. Die klub se grootste prestasie was om in 1950 vir een seisoen na die Oberliga Noord op die hoogste vlak te promoveer (die klub het wel ook in die 1920’s op die hoogste vlak meegeding, maar destyds was dit 'n streeksliga).
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Literatuur
[wysig | wysig bron]- Hardy Grüne, Vereinslexikon, Agon-Verlag, 2001, ISBN 3-89784-147-9
- Jankowski/Pistorius/Prüß, Fußball im Norden. 100 Jahre Norddeutscher Fußball-Verband. Bremen und Barsinghausen 2005
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike klubwerf
- The Abseits Guide to German Soccer Geargiveer 25 Junie 2009 op Wayback Machine
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2009/10-seisoen | |
TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Itzehoer SV - SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – |