Jan van Elfen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jan van Heerden
Dr. Jan van Elfen
Bynaam Jan van Elfen
Gebore 29 Desember 1926
Distrik Middelburg, Oos-Kaap
Oorlede 23 September 2007
Prins Albert
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Dokter, skrywer
Bekend vir 17 boeke, onder meer Dokter in die huis
Huweliksmaat Elfabie
Kind(ers) 4
Dr. Jan van Heerden en sy vrou, Elfabie, op wie se naam sy skrywersvan gegrond is.

Dr. Jan van Heerden (29 Desember 192623 September 2007) was 'n skrywer van mediese boeke wat onder die naam Jan van Elfen sy boeke gepubliseer het. Sy vrou se naam is Elfabie, Elf genoem en dit is waarop sy skryfnaam gebaseer is. Hy is op die plaas Geluk in die distrik Middelburg, Oos-Kaap gebore.

Hy word arm groot maar hy slaag matriek in Mosselbaai en betaal vir sy eie mediese studies aan die Universiteit van Kaapstad. Hy behaal sy M.B.ChB en doen wyd locums totdat hy sy eerste praktyk in Harrismith begin. Hier trou hy in 1955 met Elfabie Schwim. Hulle maak saam vier kinders groot: Rouan, Heidi, Carel en Ilse.

Van Heerden was ‘n kort rukkie assistant-redakteur van die SA Mediese Tydskrif maar kantoorwerk het hom nie gepas nie en hy word betrokke in verskeie praktyke. Hy vestig hom as stigter en eerste dokter van die Gesondheidsdienssentrum van die Universiteit van Stellenbosch – met spesiale aandag aan sportbeserings. Die Van Heerdens gaan tree af op Onrus, maar na twee jaar verwesenlik Jan ‘n lewensdroom toe hulle in 1995 uitwyk na die wye Karoo en vestig hulle op Prins Albert.

Benewens dat van Heerden ‘n goeie dokter en skrywer was - ondermeer van 17 boeke en meer as 4000 artikels en rubrieke - was hy ook ‘n natuurmens, kunstenaar, sportkenner, wynliefhebber en het die lewe tot sy volle geniet. Sy bekendste boek is Dokter in die huis.

Hy is op 23 September 2007 in die ouderdom van 80 jaar in sy huis in Prins Albert oorlede.

Bronne[wysig | wysig bron]