Jena

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Jena
Zentrum Jenas 2008-05-24.JPG

Kaart Wapen
Jena-Position.png
Wappen Jena.svg
Vlag
Flagge Jena.svg
 Land Flag of Germany.svg Duitsland
 Deelstaat Flag of Thuringia.svg Thüringen
 Koördinate 50°59′N 11°2′O
 Stigting (eerste verwysing) 1182
 Stadstatus Omstreeks 1230
 Oppervlak:  
 - Totaal 114,29 vk km
 Hoogte bo seevlak 145-425 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2012) 106 915
 - Bevolkingsdigtheid 935,5/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 0,4 / 18,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 584,7 mm
 Burgemeester Albrecht Schröter (SPD)
 Amptelike Webwerf www.jena.de

Jena is 'n Duitse universiteitstad en die tweede grootste nedersetting in die deelstaat Thüringen na Erfurt. Jena is aan die Saale-rivier geleë en vorm in administratiewe opsig 'n selfregerende munisipaliteit.

Jena se Friedrich-Schiller-Universität is reeds in 1558 gestig en tans met 20 000 studente die grootste akademiese instelling in Thüringen. Jena het met die bou van die Saalbahn-spoorweg in 1874 tot 'n beduidende nywerheidsentrum gegroei wat met sy optiese en presisie-instrumentebedryf rondom die bekende maatskappy Carl Zeiss wêreldfaam geniet. Die Kombinat Carl Zeiss met 60 000 medewerkers was die grootste kombinat in die Duitse Demokratiese Republiek.

Ná die Duitse hereniging in 1990 het Jena van 'n nywerheid- tot 'n beduidende opvoedkundige sentrum en wetenskapstad ontwikkel. Tans is 'n groot aantal navorsingsinstellings en wetenskaplike institute in Jena gesetel.