Jerofei Chabarof
Voorkoms
Jerofei Chabarof Ерофей Хабаров | |
---|---|
Monument vir Jerofei Chabarof in Chabarofsk | |
Gebore | ca. 1603 Kotlassky-distrik in Archangelsk-oblast |
Sterf | 1671 Bratsk of Kirensk in Irkoetsk-oblast |
Nasionaliteit | Rusland |
Beroep | Ontdekkingsreisiger |
Jerofei Chabarof (Russies: Ерофей Хабаров) (circa 1603 - 1671) was in die 17de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. Hy het in 1641 na Siberië gereis om soutwerke aan die Lena-rivier te stig. In 1649 tot 1650 was hy die tweede Rus wat die Amoer-rivier verken het ná Wassili Pojarkof. Later is hy na die Lena-rivier teruggestuur. Hy het toe met die Amoer afgeseil en Atsjansk, wat die voorloper van die huidige Chabarofsk was, gestig. Op pad daarheen het hy verskeie leërs, onder andere Sjinese en Koreaanse magte, verslaan.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Basil Dymytryshyn, Russia's Conquest of Siberia, 1985