Jet d'Eau
Die Jet d'Eau (Franse uitspraak: [ʒɛ do], Water-Jet) is 'n groot spuitfontein in Genève, Switserland. Dit is een van die bekendste bakens van die stad, wat op die amptelike toerismewebwerf van die stad, en op die amptelike logo vir Genève se aanbieding van die 2006 UEFA kampioenskappe, verskyn. [1] Die fontein is in die Geneva-meer, waar dit by die Rhône-rivier aansluit. Dit is regdeur die stad en vanuit die lug sigbaar, selfs as daar oor Genève op 'n hoogte van 10 km gevlieg word.
Vyfhonderd liter water per sekonde word teen 'n hoogte van 140 meter straalvormig in die lug gespuit. Twee 550 kW pompe, wat by 2 400 V opereer, verbruik een megawatt elektrisiteit.[2][3] Die water verlaat die spuitkop van 10 sentimeter teen 'n spoed van 200 km/h. Op enige gegewe oomblik is daar ongeveer 7 000 liter water in die lug. Niksvermoedende besoekers aan die fontein - wat vanaf 'n steenhawehoof aan die linkerkant van die meer bereik kan word - is soms verras as hulle sopnat word wanneer die wind net effens van rigting verander.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die eerste Jet d'Eau is in 1886 by die Usine de la Coulouvrenière, 'n ent verder stroomaf van die huidige ligging, geïnstalleer. [3] Dit is as 'n veiligheidsklep vir 'n hidrouliese kragnetwerk gebruik en kon tot 'n hoogte van ongeveer 30 meter spuit. In 1891 is die estetiese waarde daarvan besef, en dit is na die huidige ligging verskuif ter viering van die Federale Gimnastiekfees en die 600ste herdenking van die Switserse Konfederasie, toe dit die eerste keer bedryf is. Die maksimum hoogte was ongeveer 90 meter. Die huidige Jet d'Eau is in 1951 in 'n pompstasie, wat gedeeltelik onderwater is, geïnstalleer. Hierdie pompstasie maak gebruik van water wat in die meer is, eerder as om die stad se water te gebruik. [4]
Sedert 2003 spuit die fontein regdeur die dag, behalwe wanneer dit ryp of daar 'n besondere sterk wind waai. [3] [4] Dit spuit ook saans vanaf die lente en tot aan die einde van die herfs, wanneer dit deur 'n stel van 21 ligte, met 'n sterkte van altesaam 9 kW, verlig word. [4]
Op 25 Augustus 2016 is die 125ste bestaansjaar van die fontein op die huidige ligging gevier.
Beelde
[wysig | wysig bron]-
Uitsig vanaf St. Pierre-katedraal
-
Bootvaart op die Genève-meer
-
Jet d'Eau met 'n reënboog
-
Jet d'Eau
-
Lugfoto
-
Jet d'Eau verlig
-
Jet d'Eau met blou lig
-
Jet d'Eau skemeraand
-
Jet d'Eau met wit ligte
-
Jet d'Eau, lugfoto
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Genève Tourisme - Geneva - Genf - Ginevra - Ginebra</refge.ch/_img/documents/pdf/corporate/patrimoine/SIG_Depliant_jet%20d%27eau.pdf SIG Brochure "Jet d'eau", p1 - "La Course des Jets d'eau" ("The water fountain competition")(French)]
- ↑ Genève Tourisme - Découvrir Genève - Jet d'eau
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Geneva Jet d’Eau fountain Switzerland
- ↑ 4,0 4,1 4,2 "Patrimoine Genève - Le Jet d'eau de Genève" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2012. Besoek op 18 Julie 2008.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jet d'Eau.
- Die amptelike webwerf van Genève-toerisme
- Jet sigbaar op Google Maps
- Jet d'Eau in aksie - Xvid- codec benodig