Jo van Eeden

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Jo (Johanna) van Eeden (gebore op 5 April 1973 in Pretoria) beklee sedert 1 April 2016 die pos van hoofredakteur van Netwerk24, Beeld, Die Burger en Volksblad.[1]

Van Eeden het in 1990 aan die Hoërskool Hercules in Pretoria gematrikuleer. In 2012 is sy aangestel as redakteur van Volksblad en in 2014 is sy aangewys as Suid-Afrika se Niemangenoot,[2] waarna sy ’n jaar lank aan Harvard-universiteit studeer het. In September 2015 is sy as hoofredakteur van Media24 se Afrikaanse dagblaaie aangestel en in 2016 as hoofredakteur van Netwerk24; sy het Adriaan Basson opgevolg, wat die nuwe redakteur van News24 geword het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]