in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
Referendum in die VK oor sy verblyf in die EU.
Wikinews bevat nuus in verband met 2016 .
Die jaar 2016 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 16de jaar van die 21ste eeu n.C. en in teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
David Bowie oorlede op 10 Januarie
Muhammad Ali oorlede op 3 Junie
Andrzej Wajda oorlede op 9 Oktober
Leonard Cohen oorlede op 7 November
Fidel Castro oorlede op 25 November
10 Januarie – David Bowie , Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1947 ).
14 Januarie – Alan Rickman , Britse akteur (* 1946 ).
26 Januarie – Colin Vearncombe , beter bekend onder sy verhoognaam Black, Engelse sanger en liedjieskrywer (* 1962 ).
4 Februarie – Edgar Mitchell , Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930 ).
13 Februarie – Antonin Scalia , regter van die hooggeregshof van die Verenigde State (* 1936 ).
15 Februarie – Ernst de Jong , Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1934 ).
16 Februarie – Boutros Boutros-Ghali , Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1922 ).
18 Februarie – Klippies Kritzinger , Springbokrugbyspeler (* 1948 ).
19 Februarie – Umberto Eco , Italiaanse skrywer en filosoof (* 1932 ).
19 Februarie – Harper Lee , Amerikaanse skrywer van To Kill a Mockingbird en Pulitzerprys -wenner (* 1926 ).
22 Februarie – Annique Theron , sakevrou en stigter van Annique (* 1929 ).
22 Februarie – Kupido , Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1953 ).
23 Februarie – Anton Prinsloo , Afrikaanse taalwetenskaplike en skrywer (* 1941 ).
24 Februarie – Leon Rousseau , Afrikaanse skrywer en uitgewer (* 1931 ).
28 Februarie – Jan van der Merwe , Suid-Afrikaanse wiskundige en fisikus (* 1922 ).
6 Maart – Nancy Reagan , Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State (* 1921 ).
13 Maart – Hilary Putnam , Amerikaanse filosoof (* 1926 ).
18 Maart – Guido Westerwelle , Duitse politikus (* 1961 ).
22 Maart – Eli Louw , Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker (* 1927 ).
24 Maart – Johan Cruijff , Nederlandse sokkerspeler en -afrigter (* 1947 ).
28 Maart – Jo Onderstall , Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige (* 1929 ).
31 Maart – Hans-Dietrich Genscher , Duitse politikus (* 1927 ).
31 Maart – Zaha Hadid , Brits -Irakkese argitek (* 1950 ).
17 April – Ann Nosworthy , Suid-Afrikaanse olieskilder (* 1927 ).
20 April – Victoria Wood , Britse aktrise (* 1953 ).
21 April – Prince , Amerikaanse popster (* 1958 ).
21 April – Dene Smuts , Suid-Afrikaanse tydskrifredakteur en parlementslid (* 1949 ).
26 April – Ken Higgins , Suid-Afrikaanse pianis (* 1936 ).
dag onbekend in Mei – Louis Shill , Suid-Afrikaanse politikus (* 1930 ).
2 Mei – Nelie Smith , Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein (* 1934 ).
6 Mei – Margot Honecker , Duitse politikus (* 1927 ).
11 Mei – Winnie Rust , Afrikaanse skrywer (* 1939 ).
18 Mei – Samuel Pauw , Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek (* 1936 ).
25 Mei - Yang Jiang , Chinese dramaturg, skrywer en vertaler. (* 1911 ).
3 Junie – Muhammad Ali , voormalige Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen (* 1942 ).
16 Junie – Charles Thompson , Amerikaanse jazzmusikant en -komponis. (* 1918 )
25 Junie – Wille Martin , Afrikaanse skrywer (* 1934 ).
25 Junie – Adam Small , Afrikaanse digter en dramaturg (* 1936 ).
27 Junie – Bud Spencer , Italiaanse akteur (* 1929 ).
27 Junie – Alvin Toffler , Amerikaanse futuris , joernalis en skrywer (* 1928 ).
29 Junie – Margaret Bakkes , Afrikaanse skrywer (* 1931 ).
29 Junie – Jan Hettema , Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer (* 1933 ).
2 Julie – Elie Wiesel , Roemeens -gebore Amerikaanse Jood , skrywer, professor, Nobelprys -wenner en Holocaust oorlewende (* 1928 ).
12 Julie – L.A.P.A. Munnik , Suid-Afrikaanse geneesheer en politikus (* 1925 ).
13 Julie – Bernardo Provenzano , Italiaanse mafioso (* 1933 ).
18 Julie – Lofty Nel , Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler (* 1935 ).
19 Julie – Aubrey Kruger , Suid-Afrikaanse tekenaar en uitvinder (* 1935 ).
19 Julie – Garry Marshall , Amerikaanse akteur (* 1934 ).
30 Julie – Gloria DeHaven , Amerikaanse aktrise (* 1925 ).
15 Augustus – Makhenkesi Stofile , Suid-Afrikaanse politikus (* 1944 ).
16 Augustus – João Havelange , Brasiliaanse sportbestuurder en FIFA se sewende president (* 1916 ).
22 Augustus – Toots Thielemans , Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler (* 1922 ).
1 September – Jon Polito , Amerikaanse akteur (* 1950 ).
2 September – Islam Karimof , eerste president van Oesbekistan (* 1938 ).
8 September – Johan Botha , Suid-Afrikaanse tenoor (* 1965 ).
8 September – Bonaventure Hinwood , Katolieke priester en Afrikaanse digter. (* 1930 ).
9 September – James Stacy , Amerikaanse akteur (* 1936 ).
16 September – Edward Albee , Amerikaanse dramaturg (* 1928 ).
18 September – Mandoza , Suid-Afrikaanse kwaito -musikant (* 1978 ).
19 September – Allister Sparks , Suid-Afrikaanse koerantman (* 1933 ).
28 September – Shimon Peres , Israelse politikus (voormalige president en premier) (* 1923 ).
2 Oktober – Neville Marriner , Engelse violis en dirigent (* 1924 ).
4 Oktober – Gideon Toury , Israelse taalkundige (* 1942 ).
9 Oktober – Andrzej Wajda , Poolse teater- en filmregisseur (* 1926 ).
13 Oktober – Bhumibol Adulyadej , koning van Thailand (* 1927 ).
14 Oktober – Kathryn Adams Doty , Amerikaanse akteur (* 1920 ).
18 Oktober – Anthony Addabbo , Amerikaanse akteur (* 1960 ).
20 Oktober – Mieke Telkamp , Nederlandse sangeres (* 1934 ).
28 Oktober – Tim Couzens , Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944 ).
1 November – Nico Carstens , Suid-Afrikaanse trekklavierspeler , komponis en boereorkesleier (* 1926 ).
2 November – Jans Rautenbach , Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, film-vervaardiger en regisseur (* 1936 ).
3 November – Clive Derby-Lewis , voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid (* 1936 ).
4 November – Dot Serfontein , Suid-Afrikaanse skrywer (* 1925 ).
7 November – Leonard Cohen , Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer (* 1934 ).
7 November – Samuel Sitta , Tanzaniese politikus (* 1942 ).
12 November – Lupita Tovar , Amerikaanse aktrise (* 1910 ).
15 November – Sixto Durán Ballén , Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) (* 1921 ).
16 November – Jay Forrester , Amerikaanse digitale rekenaarbaanbreker (* 1918 ).
25 November – Fidel Castro , Kubaanse rewolusionêr en staatsman (* 1926 ).
25 November – Trevor Goddard , voormalige Springbokkrieketkaptein (* 1931 ).
8 Desember – John Glenn , Amerikaanse ruimtevaarder, politikus en Marinierskorpsvegvlieënier (* 1921 ).
13 Desember – Zubaida Tharwat , Egiptiese aktrise (* 1940).
18 Desember – Zsa Zsa Gabor , Hongaars-Amerikaanse aktrise (* 1917 ).
25 Desember – George Michael , Britse popster (* 1963 ).
27 Desember – Annanias Mathe , Suid-Afrikaanse reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek (* 1976 ).
28 Desember – Judith Mason , Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938 ).
28 Desember – Debbie Reynolds , Amerikaanse aktrise (* 1932 ).
31 Desember – Dmitri Romanowitsj Romanof , Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer (* 1926 ).