John Henry Heuland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

John Henry Heuland (21 Maart 1778, Bayreuth - 16 November 1856, Hastings) was 'n Duitsgebore (Johann Heinrich) Engelse mineraloog en handelaar. Hy was 'n Genoot van die Geologiese Vereniging van Londen. Sy versameling word gehou deur die Natuur Historiese Museum in Londen.

In 1804 het hy mineraalmonsters in Lissabon gekoop. Hy het daarna deur Frankryk, Duitsland, Swede en Rusland gereis en minerale versamel en gekoop. Rondom die jaar 1806 het hy minerale bekom wat tussen die jare 1766 en 1806 deur sy oom Adolarius Jacob Forster in Europa versamel is.

Sy oom se besigheid het later die Londense besigheid Heuland geword. Armand Levy het sy mineraalversameling gekategoriseer. [1] Die mineraal heulandite is na hom vernoem. Hy het ook 'n twyfelagtige rol in die ontdekking van Palladium gespeel. [2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Heuland, Henry; Lévy, Armand (1837). Description d'une collection de mineraux, forme par M. Henri Heuland, et appartenant M. Ch. H. Turner, de Rooksnest, dans le comptd de Surrey en Angleterre. London: Adolphe Richter et Compagnie.  Note: 3 vols., with atlas of plates.
  2. Frondel, Clifford (March 1972). “Jacob Forster (1739-1806) and his connections with forsterite and palladium”. Mineralogical Magazine 38: 545–50. doi:10.1180/minmag.1972.038.297.02.