Jonkershoek-natuurreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jonkershoek-natuurreservaat
Jonkershoek in Augustus
Jonkershoek in Augustus
Land Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Naaste dorp Stellenbosch
Ligging van Jonkershoek-natuurreservaat op 'n kaart (Wes-Kaap)
Jonkershoek-natuurreservaat
Jonkershoek-natuurreservaat
Koördinate: 33°55′51″S 18°51′16″O / 33.93083°S 18.85444°O / -33.93083; 18.85444Koördinate: 33°55′51″S 18°51′16″O / 33.93083°S 18.85444°O / -33.93083; 18.85444
Oppervlak 11 000 ha
Bestuursliggaam CapeNature
Webblad [1]

Jonkershoek-natuurreservaat lê 10 km suidoos van Stellenbosch in die Wes-Kaap. Noord van die reservaat is die Hottentots-Hollandberge. Die reservaat sluit die Assegaaibosch-natuurreservaat in, asook die Jonkershoekberge en die boonste dele van Jonkershoek vallei. Dié berge is ook die plek waar die Eersterivier en die Bergrivier ontspring. Die Eersterivier stroom vervolgens deur Jonkershoek op pad na Valsbaai. Die oppervlak van die reservaat is 11 000 hektaar.

Die reservaat bied onder andere staproetes en 'n sirkelroete vir karre van so 10 km. Die pad is op plekke erg verwaarloos. Dit is eenrigtingsverkeer.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]