KSV Vatan Spor Bremen
Volledige naam | Kultur und Sport Verein Vatan Spor Bremen von 1978 e. V. |
Stigtingsdatum | 20 Mei 1978 |
Tuisveld | Bezirkssportanlage Gröpelingen Lissaer Straße, Bremen |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Bremen |
KSV Vatan Spor Bremen is 'n sportklub uit Bremen in die deelstaat Vrye Hansestad Bremen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub bied ook kulturele aktiwiteite aan immigrante uit veral Turkye.
Die klub is op 20 Mei 1978 deur Turkse immigrante as 'n sokkerklub gestig en moes heel onder aan die voet van die Duitse sokkerstruktuur begin in die Kreisliga C. Die klub het homself mettertyd gevestig as 'n krag in die plaaslike ligas en het sy hoogtepunt bereik toe hy in 1995 vir 'n seisoen in die Oberliga meegeding het op die vierde vlak.
In 1979 het die klub ook 'n stoei-afdeling op die been gebring, wat in 1980 vir die klub se grootste prestasie gesorg het deur die Duitse kampioenskap te wen. Die stoei-afdeling het egter weer in 1981 ontbind.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Bremen 2008/09-seisoen | |
SC Vahr Blockdiek – Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – Habenhauser FV – |