Kelly Loeffler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kelly Loeffler

Persoonlike besonderhede
Gebore 1969/1970 (ouderdom 48–49)[1]
Bloomington, Illinois, VSA
Politieke party Republikeins

Kelly Loeffler is 'n Amerikaanse sakevrou. Sy is die HUB van Bakkt en die gesamentlike eienaar van die vroue basketbalspan Atlanta Dream van die Women's National Basketball Association. Loeffler is die verwagte opvolger van Senator Johnny Isakson.

Vroeë lewe en loopbaan[wysig | wysig bron]

Loeffler het op 'n plaas in Bloomington, Illinois grootgeword.[2] Sy het Olympia High School in Stanford, Illinois bygewoon waar sy vir die skool se basketbalspan uitgedraf het. Loeffler het 'n BA-graad by die University of Illinois at Urbana–Champaign (Universiteit van Illinois by Urbana-Champaign) verwerf, asook 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) by DePaul Universiteit se Kellstadt Sakeskool.[3]

Loeffler het in 2002 na Atlanta getrek ten einde by Intercontinental Exchange (ICE) aan te sluit.[4] Sy het in 2010 'n minderheidsbelang in die basketbalspan Atlanta Dream van die Women's National Basketball Association (Nasionale Vroue Basketbal-assosiasie) bekom.[3] Loeffler en Mary Brock het in 2011 die span by Kathy Betty gekoop.[5][6] Loeffler het oorweeg om haar tydens die 2014 Verenigde State Senaatsverkiesing vir Georgia as kandidaat beskikbaar te stel, maar het besluit om tog nie aan die verkiesing deel te neem nie.[7] In 2018 het sy die Hoof-Uitvoerende-Beampte van Bakkt, wat 'n gereguleerde mark vir Bitcoin bied en'n filiaal van ICE is, geword[8][9] Loeffler het in 2019 aansoek gedoen om Johnny Isakson op te volg, wat uit die VSA-Senaat bedank het.[2] Die The Atlanta Journal-Constitution het in November 2019 gerapporteer dat sy blykbaar Goewerneur Brian Kemp se top keuse vir die setel is, en dat hy van voorneme is om haar amptelik in die begin van Desember 2019 aan te stel.[10][11] Konserwatiewes en ondersteuners van President D.J. Trump in die VSA, en vernaam dié in die Robynrooi-staat (die benaming synde 'n sinspeling daarop dat die inwoners van die deelstaat Georgia as stoere ondersteuners van die GOP bekend is.) van Georgia het egter alarm gemaak en luidkeels geprotesteer teen die moontlike aanstelling van iemand wat hulle beskou as 'n Republican-in-name-only (RINO) (Afrikaans: Republikein-slegs-in-naam) wat nie heelhartig die Amerika-eerste beleid van President Trump omhels en voorstaan nie, en boonop bande met Stacey Abrams en die aborsievoorsiener Planned Parenthood het.[12] Die legendariese konserwatiewe radio-omroeper Mark Levin het ook alarm gemaak en gesê dat "(Goewerneur) Brian Kemp slegs maar "'n ander Romney is, wat van voorneme is om 'n RINO na die (VSA) Senaat te stuur".[13]Sean Hannity van Fox News het ook sy bedenkinge oor die wysheid van Kemp se verwagte keuse uitgespreek.[14]

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Loeffler het in 2004 met Jeffrey Sprecher, die HUB van Intercontinental Exchange getrou.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Loomis, Carol J. (5 Desember 2013). "The ICE Man Cometh". Fortune.com. Besoek op 29 November 2019.
  2. 2,0 2,1 Bluestein, Greg (18 November 2019). "Georgia Senate: A high-profile executive raises her hand for Isakson's job". ajc. Besoek op 29 November 2019.
  3. 3,0 3,1 Michelle Hiskey, For the AJC. "Risk, hoops memories entice new Dream owner Loeffler". ajc.
  4. 4,0 4,1 Meyer, Gregory (27 Maart 2018). "ICE communications head Kelly Loeffler to step down at year's end". Amp.ft.com. Besoek op 27 November 2019.
  5. "Atlanta Dream changes ownership". www.ajc.com.
  6. "Mary Brock And Kelly Loeffler: Running The WNBA's Atlanta Dream". Forbes.com. Besoek op 27 November 2019.
  7. Schultheis, Emily (4 November 2013). "WNBA owner passes on Senate run". Politico. Besoek op 27 November 2019.
  8. https://www.foxnews.com/media/sean-hannity-questions-georgia-gop-governors-us-senate-pick-presses-for-anti-impeachment-rock-star-doug-collins. URL besoek en opgespoor op 3 Desember 2019
  9. "The NYSE's Owner Wants to Bring Bitcoin to Your 401(k). Are Crypto Credit Cards Next?". Fortune. Besoek op 29 November 2019.
  10. Bluestein, Greg (26 November 2019). "In secretive trip, Georgia governor tried to sell Trump on Senate pick". The Atlanta Journal-Constitution. Besoek op 27 November 2019.
  11. Bluestein, Greg (29 November 2019). "Georgia gov expected to tap finance exec to US Senate next week". The Atlanta Journal-Constitution. Besoek op 29 November 2019.
  12. https://www.breitbart.com/politics/2019/11/22/a-country-club-republican-conservatives-sound-the-alarm-over-kelly-loefflers-potential-senate-appointment-ties-to-planned-parenthood-stacey-abrams/ URL Opgespoor en besoek op 02/12/2019
  13. https://www.breitbart.com/politics/2019/12/01/mark-levin-brian-kemp-another-romney-to-appoint-a-rino-to-the-senate/ URL opgespoor en besoek op 02/12/2019
  14. https://www.foxnews.com/media/sean-hannity-questions-georgia-gop-governors-us-senate-pick-presses-for-anti-impeachment-rock-star-doug-collins. URL besoek en opgespoor op 3 Desember 2019