Kendal-kragstasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kendal-kragsentrale)
Jump to navigation Jump to search
Kendal-kragstasie naby Witbank
Kendal-kragstasie is geleë in Suid-Afrika
Kendal
Ligging van die Kendal Kragsentrale

Kendal-kragstasie is 'n steenkool-aangedrewe kragsentrale in Mpumalanga, Suid-Afrika wat deur Eskom bedryf word. Dit is in 'n gebied waar steenkool ontgin word en ontvang onder andere kole vanaf AEMFC se steenkoolmyn by Vlakfontein naby Ogies.[1]

Kendal is tussen 1982 en 1993 gebou. Die eerste eenheid het in 1988 aanlyn gekom.[2] Krag word by hulle ses 686 MW eenhede opgewek, wat 'n totale kapasiteit van 4 116 MW lewer.[3] Die aanleg het 'n turbine Maksimum Deurlopende Waardering van 35,30%.

Die Kusile-kragstasie is 15 km suid van Kendal geleë.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "AEMFC readies for second mine as losses mount". Mining MX. 18 Oktober 2012. Besoek op 1 Februarie 2013. 
  2. "World's largest coal-fired power station. (Kendal Power Station in South Africa)". BNET. November 1994. Besoek op 10 Januarie 2010.  [dooie skakel]
  3. "KENDAL POWER STATION". Eskom. Besoek op 10 Desember 2011. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 26°5′24″S 28°28′17″O / 26.09000°S 28.47139°O / -26.09000; 28.47139