Kusile-kragstasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kusile in 2019, vanaf die N4-snelweg gesien.
Kusile onder konstruksie in 2014
Kusile-kragstasie is geleë in Suid-Afrika
Kusile
Ligging van die Kusile Kragsentrale

Die Kusile-kragsentrale (voorheen bekend as die Bravo-kragsentrale) is 'n kragsentrale 15 km noord van die Kendal-kragsentrale naby Witbank in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die kragsentrale is steenkool-aangedrewe en word deur Eskom bedryf. Wanneer die stasie voltooi is sal dit na verwagting uit ses 800 megawatt eenhede bestaan met 'n totale kapasiteit van 4 800 megawatt.[1] Volgens ander bronne sal die stasie 5 400 megawatt lewer.[2]

Konstruksie het in Augustus 2008 begin. Die eerste eenheid sou in September 2012 aanlyn kom, en die laaste een in Oktober 2014. Die projek is egter vertraag en na verwagting sal die eerste eenheid eers in Julie 2016 en die laaste in Junie 2019 in werking gestel word.[3]

Die eerste eenheid het op 30 Augustus 2017 krag aan die nasionale netwerk gelewer.[4] Die eenheid kan tot 800MW tot die netwerk toevoeg.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 25°54′59″S 28°55′02″O / 25.91639°S 28.91722°O / -25.91639; 28.91722