Klein-Visrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Klein-Visrivier
Hoofrivier Groot-Visrivier
Oorsprong Somerset-Oos
Monding Groot-Visrivier
Stroomgebied Suid-Afrika
Oorsprong-hoogte 424 m
Ligging van Klein-Visrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Klein-Visrivier
Klein-Visrivier
Koördinate: 33°5′24″S 25°59′54″O / 33.09000°S 25.99833°O / -33.09000; 25.99833Koördinate: 33°5′24″S 25°59′54″O / 33.09000°S 25.99833°O / -33.09000; 25.99833

Die Klein-Visrivier is geleë in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, en is 'n sytak van die Groot-Visrivier. Dit ontspring net wes van Somerset-Oos. Hiervandaan vloei dit aanvanklik suidoos, draai dan reg oos, kruis die N10 en sluit dan aan by die Groot-Visrivier.

Die rivier is belangrik omdat dit deel is van die Oranjerivierprojek. Water oorgedra van die Oranjerivier na die Groot-Visrivier via die Oranje-Visriviertonnel word weggekeer by die Elandsdrift-keerwal in 'n kanaal wat vir 65 km kronkel saam met steil hellings en uitmond in die Klein-Visrivier. Die kanaal vloei deur die Cookhouse-tonnel van 13,1 km wat tussen Cookhouse en Somerset-Oos deur die Bosberg sny. Die water vloei vir 40 km in die Klein-Visrivier tot by die De Mistkraal-keerwal. Hier word die water uitgekeer in die Skoenmakerskanaal (vermoë 22m3/s), wat uiteindelik uitmond in die Darlingtondam in die Sondagsrivier.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Flag of South Africa.svg Hierdie Suid-Afrika-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.