Kramat
‘n Kramat is die grafkelder vir ‘n heilige in die godsdiens van die Kaapse Maleiers.
Wie?
[wysig | wysig bron]In so ‘n grafkelder word mense begrawe wat deur Allah met besondere gawes begenadig is. Hulle was meesal hooggeplaaste Maleiers soos geestelike leiers, volkshelde, wonderdoeners en askete.
Oortuiging
[wysig | wysig bron]Die kramatte rondom Kaapstad vorm ‘n “heilige kring”. Moslems wat binne hierdie sirkel woon, aanvaar dat volgelinge van Mohammed daar beskerm is teen die gevare van natuurrampe soos brande, hongersnood, epidemies, aardbewings en vloedgolwe. Toegewyde Moslems maak dikwels in die lente en veral voor 'n hadj 'n pelgrimstog na die kramatte. Daar gaan hulle dan by elke kramat in gebed en plaas bottels met water gevul by elke graf. Sodoende kry die water helende kragte.
Ligging
[wysig | wysig bron]Die volgende persone se kramatte kom in en naby die Kaapse Skiereiland voor -
- teen Seinheuwel:
a. tuan Kaape-ti-low / Sayeed Alawie (ook bekend as Oupa Skaapie), b. sjeik Mohammed Hassen
- by Oudekraal:
a. sjeik Noorul Mobeen. Hy het van Robbeneiland ontsnap en langs die stroompie by Bakoven geskuil, b.Sayed Jaffer
- by Constantia:
a. sjeik Abdurahman Matebe Shaha (op Klein Constantia), b. sjeik Abdul Mutalib (op Clunie), c. Sayed Mahmud (op Nova Constantia)
- by Macassar / Faure, Suid-Afrika op die Kaapse Vlakte:
sjeik Joesoef (*Makassar, Celebes, Nederlands-Indië, 1626 - †Kaap die Goeie Hoop, 23 Mei 1699), ‘n politieke banneling aan die Kaap
- op Robbeneiland:
Sayed Abduraghman Motura. Dit is die noordelikste kramat.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 6. Kaapstad: Nasou, 1972. ISBN 0-625-00322-5
- Green, Lawrence G.: I heard the old men say. Secrets of the Cape that has vanished, and little-known dramas on the fringe of living memory. Kaapstad: Howard Timmins, 1964