Kreasionisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Kunstenaarsvoorstelling van die Skepping.

Kreasionisme is 'n omstrede religieuse geloof[1] wat meehet dat die Mensdom, lewe, die Aarde en die heelal in die een of ander vorm deur 'n bonatuurlike wese of wesens, die Skepper of Skeppers, geskep is. Die term word egter meer gereeld gebruik om te verwys na die religieuse verwerping van sekere biologiese prosesse, veral evolusie, ten gunste van 'n interpretering van 'n skeppingverhaal as 'n verduideliking wat die geskiedenis, diversiteit en ingewikkeldheid van lewe op aarde verklaar. Hierdie teenstryd staan as die kreasionisme-ewolusie-omstredenheid bekend.[2] In Christelike sektes word kreasionisme gewoonlik op 'n letterlike interpretering van die skeppingsverhaal in die eerste boek van die Bybel, Genesis, gebaseer.[3] Kreasionisme word sterk aan die Christelike religie gekoppel, alhoewel ander religieë ook Skepper-geleide skeppingsverhale het, maar wat tot variërende mates van die Christelike weergawe verskil.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Evolution Vs. Creationism, Eugenie Scott, Niles Eldredge, p. 114
  2. NCSE : National Center for Science Education - Defending the Teaching of Evolution in Public Schools.”. Creationism. 2008. URL besoek op 2009-06-22.
  3. Ronald L. Numbers. “Creationism History: Topic Index”. Counterbalance Meta-Library. URL besoek op 2009-06-22.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kreasionisme (bladsy)